Vyf maande oue baba, nog 2 dood in ongeluk

ER24-ambulans Foto: ER24

ER24-ambulans Foto: ER24

Drie mense, waaronder ʼn vyf maande oue babadogtertjie, is dood en drie mense is beseer, nadat ʼn bakkie op die R26 naby Ficksburg in die Vrystaat omgeslaan en verskeie kere gerol het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê met paramedici se aankoms op die toneel, het die bakkie op sy sy gelê op ʼn grondpad. Die insittendes van die bakkie het langs die wrak gelê. Volgens Meiring het die liggame van ʼn man in sy veertigs en die vyf maande oue babadogtertjie sowat 20m van die wrak gelê. Hulle is op die toneel dood verklaar.

Twee mense is kritiek beseer. Paramedici het hulle op die toneel behandel voordat hulle na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere behandeling. Een van die kritiek beseerde pasiënte het onderweg na die hospitaal aan sy beserings beswyk.

Die ander twee insittendes het minder ernstige beserings opgedoen. Hulle is op die toneel behandel voordat hulle na nabygeleë hospitale vervoer is vir verdere mediese sorg.

Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.