Vyf mans gesoek ná rooftog by Centurion-winkelsentrum

Daar was Maandagoggend ‘n gewapende rooftog in die Centurion-winkelsentrum (Foto: Yusuf Abramjee, Twitter)

Die polisie is op die spoor van vyf mans wat verbind word met die gewapende rooftog wat Maandagoggend by ʼn juwelierswarewinkel in die Centurion-winkelsentrum afgespeel het.

Die juwelierswarewinkel se eienaar (55) is tydens die rooftog in sy maag geskiet en het op die toneel aan sy wonde beswyk.

Volgens kol. Dimakatso Sello, polisiewoordvoerder, het die rowers met ʼn onbekende aantal juwele gevlug.

Een van die personeellede van die winkel is ook beseer toe sy die rowers wou keer om te vlug.

Volgens Wahl Bartmann, uitvoerende hoof van die Fidelity Services Group, het die vrou geval en haarself beseer toe sy die verdagtes in hul spore wou stuit.

Die polisie doen ʼn beroep op enigiemand met meer inligting wat tot die rowers se inhegtenisneming kan lei, om kol. Mafanele Hlangwane by 082 822 6253 te bel of die Stop Misdaadnommer by 08600 10111 te skakel.

Volgens Bartmann is rooftogte in winkelsentrums aan’t toeneem namate die feestyd nader kruip.

Bartmann gee die volgende wenke indien jy jou in ʼn gewapende rooftog bevind:

  • Die goue reël is om te alle tye tydens ʼn gewapende rooftog kalm te bly.
  • Gee die nodige samewerking en luister na die rowers se opdragte.
  • Moenie jou selfoon tydens ʼn rooftog gebruik nie omdat dit rowers net kwaad kan maak.
  • Vind ʼn beskutte plek en lê laag op die grond.
  • Kry soveel moontlik inligting oor die aanvallers om dit later vir die owerhede te kan gee. Dit sluit in inligting oor hul klere, kenmerkende merktekens of juweliersware. Probeer ook om te onthou hoe die rowers lyk en let op eienskappe soos lengte of gewig.
  • Maak seker jou kinders is te alle tye beskermd. Kinders moet glad nie alleen in winkelsentrums ronddwaal nie.
  • Moenie met ʼn groot bedrag kontant of ander waardevolle items die winkels invaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

SlinkseKoljander ·

Mens aanvaar dit maar as van selfsprekend teen hierdie tyd.

E ·

By ons winkelsentrum gesigte van 5 wat ook ”n juweliersware winkel in Sandton beroof het, maar twyfel of hulle al enige leidrade gekry het, die beeldmateriaal is nie baie goed nie. Maar die fotos is tog versprei. Ek dink dit is dalk dieselde klompie. (Sindikaat)

Dries ·

Eerste keer dat ek in daai winkel sentrum kom en toe gebeur dit. Wys jou jy kan so maklik op n verkeerde plek wees

Anel ·

Gee ‘n beskrywing: kon net oë sien, swart beanie, swart baadjie, swart broek, swart tekkies, swart masker! Swart sak. 1, 8 m, 75 kg, maer. Die belangrikste kan mens nie sien nie, die gesig want almal moet maskers dra. Kan nie sie of het hy baard, snor, lelike tande, geen tande, dik lippe, smal lippe, ens, ens, ens. Die is maar net ‘n voorbeeld, GEEN UITKENNING AGV MASKERS. En dit gaan al hoe meer voorkom. VAT WRD DIE MASKERS, VIR ONS EN ANDER SE VEILIGHEID!!!!!!

Lubbe ·

Anel is dit nou jou verskoning dat ons nie moet maskers dra nie. Weet jy hoe baie mense se lewens was gespaar agv die maskers? Moet nou nie dat ons van die punt af dwaal nie.

Werner ·

So jy glo dat n ogiesdraad ook n muskiet kan keer.Jy weet duidelik nie hoe klein daai virus is nie.Geen lewe is deur die maskers gered nie

Wielspore ·

Gaan kyk by die ANC kantore, hulle ervaar tans ‘n tekort aan geld.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.