Vyf meisies in Gauteng van mensehandel gered

Argieffoto

Die polisie in Gauteng het ʼn 42-jarige man in hegtenis geneem op aanklag van mensehandel, die besit van dwelmmiddels en pornografiese materiaal.

Die man is Vrydag in Springs in hegtenis geneem.

Vyf meisies, tussen 14 en 19 jaar oud, is tydens die operasie gered.

Die polisie het tydens die inhegtenisneming beslag gelê op dwelmmiddels en pornografiese materiaal.

Verdere besonderhede is nie dadelik beskikbaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Ai ·

Dit breuk my hart om sulke goed te lees. Ek verstaan nie wat gaan in party mans se koppe aan dat hulle sulke jong kinders so seer kan maak nie. Dis siek man. Jy kan nie vir my se dat in die dag van tegnologie is daar nie n manier om pornografie te blok op almal se rekenaars nie. Dis n euwel.

Daan ·

Jy is doodreg Ai. Dis ‘n misdaad teen die mensdom.Alle lande behoort op te tree teen pornografie en mensehandel.Dit breek samlewings en gesinne op en verwoes ons kinders.

Sê maar net ·

Wil maar net sê die 42 jarige man is van Nigeria. Dit was op die nuus vroeg vanoggend. Baie siek mense daar buite wat enige iets sal doen vir geld, maak nie saak watter ras of kleur.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.