Vyf mense reeds dood in Pretoria-onluste

Foto: ANA

Foto: ANA

Nog twee mense is dood tydens die onluste wat al sedert Maandag in Pretoria woed.

Console Tleane, uitvoerende direkteur van die Tshwane Metropolisie (TMPD), het in ʼn verklaring gesê die mense is dood by die Central City-winkelsentrum in Mabopane waar talle winkels onder plunderaars deurgeloop het. “Die SAPD sal ondersoek instel oor wat presies gebeur het, maar hul dood hou skynbaar verband met die onluste,” het Tleane gesê.

Die polisie het vroeër bevestig twee mense is Dinsdagaand in Mamelodi doodgeskiet terwyl hulle glo besig was om ʼn winkel te plunder. Sondagaand is ʼn ANC-lid in die weste van Pretoria ook tydens die betogings doodgeskiet.

Tleane het Donderdagmiddag gesê die ergste geweld het grootliks bedaar, hoewel die situasie in Mabopane, Soshanguve en Mamelodi steeds erg gespanne was. Die situasie in Atteridgeville en Hammanskraal was rustig.

“Dienslewering in die stad, spesifiek in terme van vullisverwydering, word steeds deur die onluste geraak, veral in Mabopane, Soshanguve, Ga-Rankuwa, Atteridgeville en Hammanskraal,” het Tleane gesê. Hy het gesê werkers wat probeer het om die wrakstukke van gebrande busse te verwyder, is deur betogers verhoed om dit te doen en sal dit eers kan doen wanneer die situasie veilig is.

“Vullisverwyderaars sal in die gebiede wat geraak word inbeweeg, sodra dit veilig genoeg is. Die dienslewering in ander gebiede, insluitend die sakesentrum, word nie geraak nie en vullis word daar verwyder,” het hy gesê.

Tleane het bevestig talle polisiebeamptes is steeds in die gebiede wat geraak word, ontplooi om die situasie te monitor.

Lees alle vorige berigte oor die Pretoria-onluste op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Lance ·

Genade maar die polisie sukkel om orde te handhaaf ….pateties !!!

Letitia ·

Jeugdag spruit uit die brande van 1976….wat gaan ons vier na die brande van 2016?

Thuunda ·

Sjoe, maar hierdie reenboognasie is darem maar ‘n klomp skelms….enige rede om bietjie te roof en moor.

Reenboognasie = Bog!

Emile ·

En die gemene deler tussen die voor- en na ’94 onluste is….? Nie die blankes nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.