Vyf met klapmusse oorval egpaar op plaas

(Argieffoto: StatsSA)

ʼn Bejaarde egpaar is Maandagaand op hul plaas digby Kirkwood in die Oos-Kaap deur vyf gewapende mans oorval en beroof.

Sers. Majola Nkohli, polisiewoordvoerder, sê die man (77) en sy vrou (73) het omstreeks 19:40 glo by hul plaashuis in die Tregaeron-gebied by Kirkwood aangekom. Vyf mans met klapmusse aan het die egpaar by die huis ingewag en oorrompel.

“Die egpaar is geslaan en met ʼn vuurwapen in die huis ingedwing, waarna hulle met kabels vasgebind is,” het Nkohli gesê.

Die aanvallers het met twee vuurwapens, kontant en vier selfone gevlug. Hulle is steeds op vrye voet.

Die egpaar kon hulself loswikkel en hul plaaswerkers gekontak. Die werkers het die polisie ontbied.

Die twee bejaardes het ligte beserings opgedoen.

“ʼn Saak van huisroof word ondersoek.”

Enigiemand met meer inligting wat tot die inhegtenisneming van die vyf mans kan lei, kan die ondersoekbeampte, kapt. Freddie Moss by 082 319 9227, of die Stop Misdaadnommer by 08600 10111 bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Juls ·

Dorp of plaas, dis nou ‘n geval van “wanneer is dit my beurt”

Pieter ·

Ek hoop daar gaan ook ‘n klag van aanranding bygevoeg word

Plaaskind ·

Maar net ‘n huisroof saak?? Bly die oom en tannie lewe nog.

Dup ·

Aasvoëls wat teer op eerlike en hardwerkende mense.Dit is die storie van SA.Kapings,diefstal,rooftogte,bedrog en korrupsie.

Mariana ·

Hoof sportsoorte. Dit gaan so want howe laat hulle dan gaan. Sal nooit verander nie.

Janine ·

Feite. Mense wat swoeg en sweet, daagliks. Nie als gekry het deur af te brand/verniel en verwoes nie. Wat ‘n skande is hierdie regering!

Dries ·

Ja, as jy ‘n rewolwer by jou het, wil jy net roof, geen planne om te moor nie, ne? Belaglik!

Androclus ·

Daar moet net van Cele ontslae geraak word dan kan dinge verander.

Persheks Adri ·

Die polisie sê al weer huisroof!?! Verstaan hulle wat is huisroof en wat is aanranding? Hierdie lafaards kom mos in “packs” nooit 1 op ‘n slag nie!

Dit nou alles mooi na EFF gesing het KILL THE BOER!!!

Kokerboom ·

Wil die ouer plaaseienaars maar nie ASB ekstra voorsorg tref in die tye?

johanf ·

Selfs huieinaars in dorpe, wel, ek gaan, kyk nou die moord op Stilbaai, waar ek oppad is heen 2021 , ń sekuriteits oord…..

lodewyk ·

So is huisroof die nuwe benoeming vir gewapende roof/poging tot moord??Dit is presies wat op ons plase en ander persele gebeur??

Natasha ·

Wat van aanranding met die doel om ernstig te beseer of poging tot moord?

Hercules ·

twee aanvalle en moorde op wit mense in 24uur!!

Cyril Ramaphosa jy faal as ‘n mens en die president van die land!!

Beki Cele jy is ‘n rampokker van geboorte!!

Nico ·

Dit is net lafaards wat sulke doen om twee bejaardes so aan te rand.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.