Vyf moontlike koronavirus-gevalle nou in Botswana dopgehou

‘n Skoolsaal by die Frankfurt-lughawe word omskep in ‘n kwarantynsaal vir moontlike slagoffers van die koronavirus. (Foto: AP)

Botswana se departement van gesondheid sê vyf moontlike gevalle van die koronavirus word nou in dié land ondersoek.

Al vyf pasiënte het by die Sir Seretse Khama- internasionale lughawe aangekom en almal het verkouesimptome gehad. Hulle het almal op verskillende tye die land binnegekom.

Die pasiënte word in kwarantyn by ʼn toegewysde hospitaal gehou terwyl daar op die uitslag van laboratoriumtoetse gewag word. Die monsters word in Suid-Afrika getoets.

Die departement het benadruk dat daar nog net die vermoede bestaan dat die pasiënte moontlik die koronavirus onder lede het. Hulle het simptome soos koors, hoes, moegheid en kopseer gehad.

Botswana se minister van gesondheid, dr. Lemogang Kwape, en die Wêreldgesondheidorganisasie (WGO) se verteenwoordiger in die land, dr. Josephine Namboze, het die naweek Botswana se kwarantynfasiliteit in Gaborone besoek om te verseker die land is gereed vir enige moontlike uitbreking van die virus

Meer as 200 mense – almal in China – het reeds weens die virus gesterf.

Geen bevestigde gevalle is nog in Suid-Afrika aangemeld nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Loeloe ·

As hulle in Botswana en Namibie moontluke gevalle het, is daar beslis al moontlike gevalle in Suid Afrika!

Hansie slim ·

Nou moet ons vir al ons grense keer, nie net vlugte van Sjina af nie!!

Ansie ·

Ek kan nie glo dat daar nog nie gevalle in Suid Afrika is nie.In Windhoek is 1 geval reeds bevestig en nog moontlike gevalle in Swakop .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.