Vyf motors by Rustenburg-sportterrein aan die brand gesteek

Argieffoto

Argieffoto

Vyf voertuie, insluitend ʼn ambulans, is Woensdagaand in Sunrise Park naby Rustenburg in Noordwes aan die brand gesteek.

“Volgens inligting is die voertuie by die sportterrein in uitbreiding 11 aan die brand gesteek nadat ʼn groep van 10 persone glo toegeslaan en die voertuie by die eienaars afgeneem het,” het lt.kol. Amanda Funani, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die motief vir die voorval is onbekend. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.”

Sy het gesê Boitekong-polisie ondersoek ʼn saak van openbare geweld.

Een van die voertuie is ʼn bakkie wat aan die Rustenburg-munisipaliteit behoort, ʼn ambulans van ʼn myn, en twee bakkies en ʼn Toyota Quantum-minibus wat aan veiligheidsmaatskappye behoort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Janneman ·

Blink plan! Kom ons verban alle vuurhoutjies en aanstekers in die land! Teen die tyd dat hulle stokkies teen mekaar geskuur het het die polisie al opgedaag.
Dink net al die treine, skole, ens wat ons kan spaar.

Tiger ·

Janneman,dis die beste een wat ek in ‘n lang tyd gelees het!!En dis so waar – dit sal die polisie darem tyd gee om te “reageer” .”Nog geen arrestasies gemaak nie” nou wat de joos doen die polisie daar??Hulle kan net sowel die stasie sluit!

Poot ·

Janneman en Tiger
Nee man…..hoe gaan ons die braaivleis vure aansteek?

Karma ·

@Janneman – nee wat, my ou, hulle sal hom die “mêtjie” (matches) uit die Zêmbabwe laat kom, saam met al die ‘illegal immigrants’ ens.

Penellope Jones ·

Man, Suid-Afrika is maar darem ‘n aan-die-brand-land!

Theresa ·

En al die veldbrande wat weiding kan red! Misbruik van ‘n vuurmaakding = swaar boete.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.