Vyf munisipaliteite se krag nie afgesny ná ooreenkoms

Argieffoto (Foto: baptisteh, Pixabay)

Argieffoto (Foto: baptisteh, Pixabay)

Eskom begin vandag om die kragtoevoer na munisipaliteite wat die kragvoorsiener geld skuld af te sny.

Eskom het Sondag aangekondig dat vyf munisipaliteite intussen ʼn ooreenkoms met die kragvoorsiener bereik het. “Eskom kan bevestig dat daar ooreenkomste bereik is met die volgende munisipaliteite: Nketoana (Arlington, Lindley, Petrus Steyn en Reitz), Nala (Bothaville, Wesselsbron), Tokologo (Boshof, Dealesville en Hertzogville) en Mantsopa (Excelsior, Hobhouse, Ladybrand, Thaba Patchoa en Tweespruit) in die Vrystaat sowel as met die Walter Sisulu-munisipaliteit (Aliwal-Noord, Steynsburg, Burgersdorp, Venterstad en Jamestown) in die Oos-Kaap.”

Volgens die kragvoorsiener sal hy seker maak dat die bogenoemde munisipaliteite by die betalingsooreenkomste hou, en indien nie sal die kragtoevoer sonder enige kennisgewing onderbreek word.

Eskom het gesê munisipaliteite wat wil voorkom dat die kragtoevoer afgesny word, moet ʼn kontantbetaling maak, ʼn skriftelike onderneming gee dat rekeninge in die toekoms betaal sal word en ʼn betalingsooreenkoms aangaan.

Intussen sal Eskom voortgaan om die elektrisiteitstoevoer van Maandae tot Vrydae tussen 06:00 en 08:00 en 17:00 en 19:30 en op Saterdae en Sondae van 8:30 tot 11:00 en 15:00 en 17:30 in die volgende munisipaliteite af te sny:

Vrystaat:

Dihlabeng – Bethlehem, Fouriesburg, Rosendal, Paul Roux, Fateng-Tse-Ntsho, Panorama en Groenvoerlande vanaf 16 Januarie.

Masilonyana – Theunissen, Brandfort, Winburg en Verkeerdevlei vanaf 16 Januarie.

Noord-Kaap:

Ubuntu – Victoria-Wes en Richmond vanaf 18 Januarie.

Renosterberg – Van der Kloof, Petrusville en Phillipstown vanaf 18 Januarie.

Noordwes:

Ventersdorp – Ventersdorp, Tshing-township, Appledraai, Buffelsvlei, Boikhutso, Toevlug en Doornkop vanaf 16 Januarie.

Mamusa – Schweizer-Reneke vanaf 16 Januarie.

Naledi – Vryburg vanaf 16 Januarie.

Lekwa-Teemane – Bloemhof en Christiana vanaf 18 Januarie.

Maquassi Hills – Wolmaransstad vanaf 18 Januarie.

Madibeng – Brits, Letlhabile, Oukasie, Damonsville, Elandsrand en Priminidia vanaf 18 Januarie.

Kgetlengrivier – Koster en Swartruggens vanaf 18 Januarie.

Mpumalanga:

eMalahleni – Doornpoort, Kwaguqa, Witbank en Churchill vanaf 23 Januarie.

Mkhondo – Piet Retief en Amsterdam vanaf 23 Januarie.

Mbombela – Mbombela-stadion/Ilanga Mall, Riverside/Nelsrivier, Witrivier en Nelspruit vanaf 23 Januarie.

Lekwa – Standerton vanaf 23 Januarie.

Msukaligwa – Ermelo vanaf 23 Januarie.

Chief Albert Luthuli – Carolina en Silobela vanaf 23 Januarie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Jan Jooste ·

Waar is Soweto en KZN? Is hulle beter ingeprop by Nommer Een? Soweto se skuld is dalk groter as die van ander munisipaliteite saam. Kan ook nie verstaan dat KZN munisipaliteite noodwendig beter bestuur word as res van SA?

Slegs blankes ·

Daar is baie munisipqliteite wat baie erger skuld maar slegs die met noemenswaardige wit bevolkings sal afgesny word.

t ·

Ag Vader tog! By die tweede kommentaar is ons alweer terug by wit en swart. In al die ge-affekteerde munisipaliteite is daar beslis MEER swart as ander inwoners. Die munisipaliteite wat nie ge-affekteer word nie het waarskynlik ooreenkomste met Eskom gesluit wat aanvaarbaar was.

Klaas ·

Gaan kyk bietjie na die Ouditeur-Generaal se 2014/15 verslag oor munisipaliteite (jongste beskikbaar) Jt sal verbaas wees oor hoe goed die munisipaliteite in KZN vaar, danksy sterk ondersteuning van die Provinsiale Tesourie.

callie ·

Hierdie dorpe se munsipale bestuurders hoort in die tronk. Op Vryburg was vooraf betaal meters in die ou wit gebiede ingesit, BUITE op pale sodat daar nie met dit gepeuter kan word nie. Almal het dit duidelik gestel, die probleem is nie die betaling van kragrekeninge nie, dit is die betaling van munsipaliteite aan Eskom. Naledie het geroem oor hoeveel meer geld hulle nou inkry maar dit is steeds nie oorbetaal aan Eskom nie. Die ander gebiede het nie meters gekry nie. So was witmense die teiken. Die munsipale bestuurder dra slegs ontwerpers klere en is daagliks uitgevat in skoene van ten minste R3000.00 per paar, hemde van byna R800.00 per hemp en broeke van oor die R1000.00 per broek. R5000.00 per uitrusting maar daar is nie geld vir krag. Dit is openlike misbruik van dorpsinwoners se geld wat dan die spit moet afbyt. Hierdie mense moet tronk toe, met hulle hele bestuurspan en die burgemeester. Die ander opsie is om die munsipaliteite met geweld te sluit. Daar is genoeg mense wat in die privaatsektor in bestuursposies is en die kennis het om die geld reg te bestuur. Daar sit buitendien n wavrag vol kaders wat salarisse kry wat niks doen en vir wie daar poste geskep is.

Klaas ·

Ai Callie, jy is darem baie goed ingelig – selfs inligting oor die prysetikette van die munisipale bestuurder se uitrustings! Kan mens jou regtig ernstig opneem??

Jane ·

Mooi so, druk die munisipaliteite in ‘n rigting in. ONS as indiwidue moet ONS munisipale rekeninge betaal, daar is geen ooreenkoms wat jy met hulle kan aangaan nie, dis OF betaal OF jou krag is af, hoekom betaal hulle nie ons geld oor aan die diensverskaffers nie? Wonder net of hulle by hulle afbetalingsooreenkoms gaan bly? Laat ons maar sien.

Andre ·

Waar is die DA?????
Wat van siek mense wat suurstof masjiene en dies meer gebruik. Gaan die munisipaliteite verantwoordelik gehou word? Besighede wat ook gaan swaarkry?
Genade…..dit raak nou regtig erg.

Ann ·

Moet daar altyd iemand wees wat politiek insleep?
Maar André, kom ek antwoord jou vraag met ñ weervraag:
Is die DA aan bewind in daardie spesifieke dorpe? Jammer om die nuus aan jou te breek, maar dis die ANC se plig om toe te sien dat die skuld betaal word! Die dorpe is onder Hulle “leiding”, en ongelukkig kan die DA nie teen hulle gaan nie. Dan gaan dit weer ontaard in ñ rassistiese kwessie.

Andre ·

Soweto se skuld sal gedra word deur die wit Johannesburgers en ek is seker dat ander gebiede wat nie op die lys is nie wat groter oorheersend wit stede het dieselfde.

John ·

Soweto huisves mos baie roemryke ANC-besienswaardighede en karakters op wie die lig altyd moet skyn… Alexandra betaal hoeka ook niks, ook nie huur nie, en baie ander ook. Die vraag is: Hoekom vat Eskom so lank en laat die kostes so oploop voor aksie geneem word. Daar moet redes wees. Wat? Eskom plaas sodoende indirek druk op die regering (vir toekomstige tariefverhogings of hulp) en sg gegoede gemeenskappe se tariewe . Eskom-‘fat cats’ kan nie verstaan dat jy net soveel melk uit ‘n ou maer koei kry nie al slaan jy haar… selfs al sing jy vir haar.

Jem ·

Dit is baie onregverdig teenoor mense wat elke maand hulle rekening vereffen. Dit is maar net die begin. Die groter munisipateite sal ook hulle beurt kry. Alles munisipaliteite moet ondersoek word. Daar is te veel korrupsie en oneerlikheid.

pieter ·

Tyd dat die wittes opstaan en ook begin te brand en afbreek aan die munisipaleteite must fall.

snoefie ·

hoe word die munisipaliteite deur die strafmaatreël geraak? begin soggens voordat hulle begin werk en weer saans nadat hulle gewerk het. hoekom word die betalers gestraf vir die oortreders se sonder? dit herinner so aan wat die NP destyds gedoen het. as oortreder op vlug geslaan get, het hulle die ouers aangehou tot die oortreders hulleself oorgegee het. lê beslag op die munisipale bestuurders en sy kaders se huise, karre, meubels, juwele, klere. hulle het oortree en kom skotvry weg. hulle deel munisipale dienste, huise en water gratis uit. hulle verkoop aan uitverkorenes elektrisiteit spotgoedkoop. julle is bang om teen munisipaliteite op te tree maar straf onskuldige mense. munisipaliteite se werksure is van 7.30 tot 15:30. hulle kom 7.35 daar aan. volgens die sonkol tot 8:00 wanneer hulle rekenasrs aangesit word. so wat voel hulle?

Alida ·

Eskom weet tog so goed soos ons almal weet dat hulle nie sal hou by die ooreenkoms nie. Eis AL die geld verskuldig want hulle het dit tog ontvang. Waar is dit nou? Moenie hulle nog kans gee om op ander plekke te steel om Eskom te betaal nie.

mafusa ·

dit is waar. ons municipaliteit begin ook eers na 8 werk. rondom Carolina, breyten, Warburton,empuluze, ermelo, Camden, panbult, iswepe, Kemp, Piet retief, wakkerstroom en volksrust is men’s te bang om te ry. so hang die onwettige verbindings oor die pad. die “bridging,” soos die locals dit noem word daagliks aangemeld. by munisipaiteite end eskom maar niemand doen iets nie. die dorpsmense en besighede wat betaal en koop moet maar eskom end munisipaliteite se uitvoerders gaan aankla en op hulle Bates beslag lê end verkoop. die munisipaliteit het nie gesondig nie. hulle bestuurders het.

Tammy ·

Die mense wat wel nog betaal het HOU OP OM JUL REKENINGE TE BETAAL. Gebruik daardie geld vir Solar krag en gas. Julle betaal vir die luukses van die munisipale beamptes.

Zonja Labuschagne ·

Die munisipaliteite behoort gepenaliseer te word, nie die mense van die dorp nie.
Die afsny gaan ‘n groot impak op sport en fiksheid he.
Meeste sporte se oefeninge is in die aande van half 7 af.
Dis baie sleg en onnodig.

steve ·

Cadre deployment… Employment figures…. Jobs for votes…. Expenses exceeding income… Salaries exceeding profits made… Making municipal managers and majors millionaires… What do they expect…

Gertie Tait ·

Het nie woorde nie. Ons land gly stadig maar seker oor die afgrond.

Johannes ·

Dis nou die nuwe SA in sy volle glorie – die harde werklikheid van onbevoegdheid…

Denise Turner ·

What gives Eskom the right to dictate which part of mynicipality they go cut here in witbank. The defaulter is municipality as a whole not part of it. Why they not cutting power to townships or other substations abd why to people who pay or have prepaid. If we dont get a service after paying then municipality commits a fraud and indirectly eskom too as to not provide a service paid for is illegal.

Corrie Robberts ·

Ek voel dit glad nie reg ons koop krag so alreeds betaal maar hul sny ons krag af dit nie reg dat ons moet vergeld omdat munisipaliteite nie hul ooreenkomste nakom. Mpumpalanga

Doughie ·

Wat is die kanse dat Eskom die krag oorvat en die munisipaliteite uitskakel. Ek koop my krag direk van Eskom deer die munisipaliteit en betaal te duurste vir wat,en dan moet jy nog r50 elke maand betaal vir jou meter glo vir instandhouding. My meter is al 14jaar oud ek het die huis gekoop met die elektriese meter so dit kan al ouer wees. Vra maar net

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.