Vyf munisipaliteite se krag nie afgesny ná ooreenkoms

Argieffoto (Foto: baptisteh, Pixabay)

Argieffoto (Foto: baptisteh, Pixabay)

Eskom begin vandag om die kragtoevoer na munisipaliteite wat die kragvoorsiener geld skuld af te sny.

Eskom het Sondag aangekondig dat vyf munisipaliteite intussen ʼn ooreenkoms met die kragvoorsiener bereik het. “Eskom kan bevestig dat daar ooreenkomste bereik is met die volgende munisipaliteite: Nketoana (Arlington, Lindley, Petrus Steyn en Reitz), Nala (Bothaville, Wesselsbron), Tokologo (Boshof, Dealesville en Hertzogville) en Mantsopa (Excelsior, Hobhouse, Ladybrand, Thaba Patchoa en Tweespruit) in die Vrystaat sowel as met die Walter Sisulu-munisipaliteit (Aliwal-Noord, Steynsburg, Burgersdorp, Venterstad en Jamestown) in die Oos-Kaap.”

Volgens die kragvoorsiener sal hy seker maak dat die bogenoemde munisipaliteite by die betalingsooreenkomste hou, en indien nie sal die kragtoevoer sonder enige kennisgewing onderbreek word.

Eskom het gesê munisipaliteite wat wil voorkom dat die kragtoevoer afgesny word, moet ʼn kontantbetaling maak, ʼn skriftelike onderneming gee dat rekeninge in die toekoms betaal sal word en ʼn betalingsooreenkoms aangaan.

Intussen sal Eskom voortgaan om die elektrisiteitstoevoer van Maandae tot Vrydae tussen 06:00 en 08:00 en 17:00 en 19:30 en op Saterdae en Sondae van 8:30 tot 11:00 en 15:00 en 17:30 in die volgende munisipaliteite af te sny:

Vrystaat:

Dihlabeng – Bethlehem, Fouriesburg, Rosendal, Paul Roux, Fateng-Tse-Ntsho, Panorama en Groenvoerlande vanaf 16 Januarie.

Masilonyana – Theunissen, Brandfort, Winburg en Verkeerdevlei vanaf 16 Januarie.

Noord-Kaap:

Ubuntu – Victoria-Wes en Richmond vanaf 18 Januarie.

Renosterberg – Van der Kloof, Petrusville en Phillipstown vanaf 18 Januarie.

Noordwes:

Ventersdorp – Ventersdorp, Tshing-township, Appledraai, Buffelsvlei, Boikhutso, Toevlug en Doornkop vanaf 16 Januarie.

Mamusa – Schweizer-Reneke vanaf 16 Januarie.

Naledi – Vryburg vanaf 16 Januarie.

Lekwa-Teemane – Bloemhof en Christiana vanaf 18 Januarie.

Maquassi Hills – Wolmaransstad vanaf 18 Januarie.

Madibeng – Brits, Letlhabile, Oukasie, Damonsville, Elandsrand en Priminidia vanaf 18 Januarie.

Kgetlengrivier – Koster en Swartruggens vanaf 18 Januarie.

Mpumalanga:

eMalahleni – Doornpoort, Kwaguqa, Witbank en Churchill vanaf 23 Januarie.

Mkhondo – Piet Retief en Amsterdam vanaf 23 Januarie.

Mbombela – Mbombela-stadion/Ilanga Mall, Riverside/Nelsrivier, Witrivier en Nelspruit vanaf 23 Januarie.

Lekwa – Standerton vanaf 23 Januarie.

Msukaligwa – Ermelo vanaf 23 Januarie.

Chief Albert Luthuli – Carolina en Silobela vanaf 23 Januarie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

jongste oudste gewildste
Jan Jooste

Waar is Soweto en KZN? Is hulle beter ingeprop by Nommer Een? Soweto se skuld is dalk groter as die van ander munisipaliteite saam. Kan ook nie verstaan dat KZN munisipaliteite noodwendig beter bestuur word as res van SA?

callie

Hierdie dorpe se munsipale bestuurders hoort in die tronk. Op Vryburg was vooraf betaal meters in die ou wit gebiede ingesit, BUITE op pale sodat daar nie met dit gepeuter kan word nie. Almal het dit duidelik gestel, die probleem is nie die betaling van kragrekeninge nie, dit is die betaling van munsipaliteite aan Eskom. Naledie het geroem oor hoeveel meer geld hulle nou inkry maar dit is steeds nie oorbetaal aan Eskom nie. Die ander gebiede het nie meters gekry nie. So was witmense die teiken. Die munsipale bestuurder dra slegs ontwerpers klere en is daagliks uitgevat in skoene… Lees meer »

Jane

Mooi so, druk die munisipaliteite in ‘n rigting in. ONS as indiwidue moet ONS munisipale rekeninge betaal, daar is geen ooreenkoms wat jy met hulle kan aangaan nie, dis OF betaal OF jou krag is af, hoekom betaal hulle nie ons geld oor aan die diensverskaffers nie? Wonder net of hulle by hulle afbetalingsooreenkoms gaan bly? Laat ons maar sien.

Andre

Waar is die DA?????
Wat van siek mense wat suurstof masjiene en dies meer gebruik. Gaan die munisipaliteite verantwoordelik gehou word? Besighede wat ook gaan swaarkry?
Genade…..dit raak nou regtig erg.

Andre

Soweto se skuld sal gedra word deur die wit Johannesburgers en ek is seker dat ander gebiede wat nie op die lys is nie wat groter oorheersend wit stede het dieselfde.