Vyf naby Pietermaritzburg doodgeskiet

Argieffoto: Kent Williamson

Vyf verdagtes is doodgeskiet en ʼn polisiebeampte gewond tydens ʼn skietery Woensdag in die vroeë oggendure in KwaZulu-Natal.

Lt. Kol. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie het omstreeks 02:30 reageer op inligting wat hulle ontvang het oor ʼn silwer Mercedes met vyf insittendes, wat glo betrokke was by die pleeg van ʼn misdaad in die Hilton-omgewing.

“Die beamptes het die voertuig op Dennis Shepstone-rylaan gewaar toe hulle op die polisie losgebrand het. Die polisie het die voertuig agterna gesit. Die voertuig het in Knoll-rylaan in Hilton ingedraai terwyl die mans deurentyd op die polisie geskiet het,” het Zwane gesê.

ʼn Polisiebeampte is in die gesig geskiet. “Hy is na ʼn hospitaal geneem en is tans in ʼn stabiele toestand,” het Zwane verduidelik. Al vyf verdagtes is doodgeskiet.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici het vyf mans in ʼn veld langs die pad gevind. “Die mans het geen teken van lewe getoon nie en is op die toneel dood verklaar,” het Vermaak gesê.

Vyf ongelisensieerde vuurwapens en ander toerusting om by huise in te breek is in die verdagtes se besit gevind. “Van die aanvanklike berigte dui daarop dat die Mercedes in Augustus verlede jaar in die Newlands-area gekaap is,” het Zwane gesê.

Die polisie se voertuie is ook beskadig tydens die voorval. ʼn Saak van poging tot moord en geregtelike doodsondersoeke is geopen.

“Die onafhanklike polisieondersoek-direktoraat (Opod) was op die toneel en sal die ondersoek oorneem,” het Zwane gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

yey ·

baie baie goeie werk SAPS… trots op julle. die beampte wat raak geskiet is: hoop jy word gou gou beter!!!

piper ·

mooi so. welgedaan sap. hoop die beseerde herstel gou. trots op julle. dis hoe dit gedoen moet word. geen uitgeregte hofsaak, borgtog, geen aanhouding kostes en herhaalde misdaad nie.

Stem saam ·

Ek stem natuurlik met die boonste kommentare saam, baie baie geluk SAPD, dag vir dag, voetjie vir voetjie begin Polisie die nasie wys dat hul kan beheer neem en doen dit ook, hou so aan dit is die regte pad. Julle is verantwoordelik vir elke liewe landsburger se veiligheid en reg op veiligheid en as jul so aanhou, voldoen jul aan jul doel!!!!Werk daai 1 of 2 kriminele …kaders uit tussen julle en vat beheer. Ons is net moeg vir ‘n wettelose land en waar kriminele beskerm word.

Josua Keys ·

Uitstekend gestel, doen weg met BEE, regstellende aksie, hou op kamtige wette skryf wat rassisme bevorder in plaas van verhinder, kry korrupsie met wortel en tak uitgerooi asook die amptenare wat hulle daaraan skuldig maak, raak ontslae van al die optogte en wegbly aksies in die land deur strenger wetstoepassing toe te pas, hou op om die polisie uit te lok tot maksimum geweld en hulle dan wil blameer daarvoor, as jy wil brand, verwoes, vermoor en dan rassisme/ apatrheid wil gebruik as verskoning moet jy met maksimum geweld hanteer word. Brand jy n vragmotor/ voertuig af doen jy nie net skade aan daardie besigheid nie maar aan almal wat afhanklik was van wat daardie vragmotor sou vervoer of aflewer, sluit ons landsgrense en kry die weermag om dit te patroleer soos in die verlede…… skuus ek vergeet dit gaan beteken dat ons n gedissiplineerde Regering soos in Botswana in plek moet kry maar dit gaan van alle Suid Afrikaners se kant af moet gebeur, dit is die enigste manier hoe volke mekaar in SA sal aanvaar en begin respekteer. Goeie werk vir die polisie amptenare, jammer vir vyf booswigte wat die verkeerde lewenspad gekies het deur na mense te geluister het met verkeerde voorwaardes en vals beloftes en nou geboet het met hul lewens, nou is hul “struggle” nog grooter want dit is wat God se Wet beskryf!!!!!!

Lienkie ·

Puik werk, 10 uit 10 vir ons Polisie, dit maak ‘n mens sommer weer trots op julle. Sterkte aand die polisieman wat gewond is.

Liendempers ·

Wie het nou weer eerste geskiet……nee wat, wat jy saai sal jy maai! Live by the sword, die by the sword!

Adam ·

Sterkte aan die beseerde beampte, mag jy volkome herstel. Trots op julle ouens SAPD!

amvi ·

Mooi! In Gauteng is ons nie gewoond aan sulke goeie werk nie.

marous ·

Verstaan nie , standaard prosedure vir gewone burgers is om moord dossier te open en wapens uit besit te neem vir toetse wat nie betwis word nie , maar vir die polisie word daar geretelike doodsondersoeke geopen? Al 5 in veld langs die pad gevind?

Liendempers ·

Dis vir die motoriste se veiligheid gedoen. Weet jy wat kos dit deesdae om onderstel skade te laat herstel????

oumie ·

Sjoe ek wil wil trots raak op sapd want lyk my daar is van hul wat regtig wil werk baie mooi artikel MM hoop die sapd man herstel gou ons het hom nodig

Hennie ·

Dis hoe dit gedoen word, skiet hulle dood en voorkom verdere misdaad!

Bokram ·

Dit is die tipe nuus wat n mens wil hoor!Die misdadigers moet weer bang raak vir die polisie,die tronke is klaar vol,sterkte vir die polisieman wat geskiet is.

Anoniem ·

Bly om te sien die polisie weet nou hoekom hulle wapens gekry het jammer vir die een wat gewond is hoop jy herstel gou
Well done boy’s

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.