Altesaam vyf mense, ʼn minderjarige seun, twee vroue en twee mans, gaan verhoor word in verband met die moord op ao. Dion Dumas (57), van die Malmesbury-polisiestasie, wat op Oukersdag vir die laaste keer lewend gesien is.
Maroela Media het vroeër berig Dumas is Saterdagmiddag weg om ʼn geskenk by sy ma se dokter af te laai. Volgens die dokter is hy omstreeks 16:00 daar weg. Dumas is egter nie daarna weer gesien nie en hy is as vermis aangemeld.
Sy liggaam is Dinsdag in ʼn verlate gebou gevind. Hy is aan onnatuurlike oorsake dood.
Die polisie het Dinsdag ook Dumas se motor, ʼn wit BMW 318, teruggevind. Die verdagte wat die motor bestuur het, is in hegtenis geneem, wat tot die inhegtenisneming van die ander verdagtes gelei het.
Kapt. FC van Wyk, provinsiale polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê altesaam drie mense, twee vroue, onderskeidelike 29 en 31 oud en ʼn 31-jarige man, is Dinsdag in hegtenis geneem.
“Die kantoor kan bevestig nóg twee verdagtes, ʼn 24-jarige man en ʼn 14-jarige seun, is Woensdag in hegtenis geneem.”
Die verdagtes het almal reeds Donderdag in die Atlantis-landdroshof verskyn op aanklag van moord. Die saak is agter geslote deure aangehoor, aangesien een van die beskuldigdes minderjarig is. Die saak is tot volgende week uitgestel, wanneer hulle na verwagting sal aansoek doen om borgtog. Hulle bly in aanhouding.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
21 Kommentare
Ek is geskok! ‘n A/o Dumas word vermoor dan word die saak …..agter toe deure gehou?
Dood aan onnatuurlikeoorsake ,gesteek of gemartel?……agter toe deure gehou?
Vyf mense en n 14jarige vermoor n man wat dag en nag vir ons veiligheid veg…. nou word sy vermeende moordenaars agter toe deure aangehoor! Twak man as jy wil moor roof en steel kyk jy die persoon id oe wat jy gaan doodmaak nou wys vir die gemeenskap wie die siek mense is!!!!
Wys ons hoe die genadelose moordenaars lyk! Wat het geword van n foto blurr alhiwel ek glad nie daarmee saamstem nie! 14 of de not as jy deel is van ontvoering moord, roof en diefstal dan is jy deel vd krimenele wat vd publiek gewys moet word!!
Die polisie man is dood omdat mense nie hul hande van ander se goed kan hou nie.
Wat nou???
Rus in vrede A/o Dion Dumas! Ek bid vir jou geliefdes en glo dat regverdigheid sal geskied.
hier kom n ding.
agter geslote deure. geen inligting ivm die moord bekend nie. gaan dit nou weer in n “jare-lange kwessies daarom het ons dit gedoen” ontaard?