Vyf nou vas vir Kaapstad-polisieman se moord

Ao Dion Juan Gaston Dumas (57), gestasioneer by Malmesbury-polisiestasie

Ao Dion Juan Gaston Dumas (57), gestasioneer by Malmesbury-polisiestasie

Altesaam vyf mense, ʼn minderjarige seun, twee vroue en twee mans, gaan verhoor word in verband met die moord op ao. Dion Dumas (57), van die Malmesbury-polisiestasie, wat op Oukersdag vir die laaste keer lewend gesien is.

Maroela Media het vroeër berig Dumas is Saterdagmiddag weg om ʼn geskenk by sy ma se dokter af te laai. Volgens die dokter is hy omstreeks 16:00 daar weg. Dumas is egter nie daarna weer gesien nie en hy is as vermis aangemeld.

Sy liggaam is Dinsdag in ʼn verlate gebou gevind. Hy is aan onnatuurlike oorsake dood.

Die polisie het Dinsdag ook Dumas se motor, ʼn wit BMW 318, teruggevind. Die verdagte wat die motor bestuur het, is in hegtenis geneem, wat tot die inhegtenisneming van die ander verdagtes gelei het.

Kapt. FC van Wyk, provinsiale polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê altesaam drie mense, twee vroue, onderskeidelike 29 en 31 oud en ʼn 31-jarige man, is Dinsdag in hegtenis geneem.

“Die kantoor kan bevestig nóg twee verdagtes, ʼn 24-jarige man en ʼn 14-jarige seun, is Woensdag in hegtenis geneem.”

Die verdagtes het almal reeds Donderdag in die Atlantis-landdroshof verskyn op aanklag van moord. Die saak is agter geslote deure aangehoor, aangesien een van die beskuldigdes minderjarig is. Die saak is tot volgende week uitgestel, wanneer hulle na verwagting sal aansoek doen om borgtog. Hulle bly in aanhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Geskok ·

Ek is geskok! ‘n A/o Dumas word vermoor dan word die saak …..agter toe deure gehou?
Dood aan onnatuurlikeoorsake ,gesteek of gemartel?……agter toe deure gehou?
Vyf mense en n 14jarige vermoor n man wat dag en nag vir ons veiligheid veg…. nou word sy vermeende moordenaars agter toe deure aangehoor! Twak man as jy wil moor roof en steel kyk jy die persoon id oe wat jy gaan doodmaak nou wys vir die gemeenskap wie die siek mense is!!!!

Piet Pille ·

Stem volkome saam met “Geskok”. Agter geslote deure, net om tyd te kry vir ‘n vals verklaring. 14 reeds al ‘n moordenaar, 2 “vroue” ? Wat wou!

Piet Snot ·

Regtig, kan julle asb net ophou twak praat? Maak dit ‘n Nuwejaarsvoorneme om jou mond uit te spoel slegs wanneer jy weet waarvan jy praat.
Dis sedert die jaar toet ‘n reël dat ‘n minderjarige agter toe deure verhoor word.

Schalk ·

Klink my iemand moet probeer om minder aan die tweede deel van sy naam te peusel in die nuwe jaar. Maak dit n voorneme!

PETISIE VIR DOODSTRAF ·

Dinge gaan nou regtig van “bad to worst” in suid-afrika. Miskien moet n petisie op facebook of êrens geloods word wat vra dat die doodstraf terug gebring moet word.
Selfs die Bybel sê n oog vir n oog.

Genadeloos ·

Wys ons hoe die genadelose moordenaars lyk! Wat het geword van n foto blurr alhiwel ek glad nie daarmee saamstem nie! 14 of de not as jy deel is van ontvoering moord, roof en diefstal dan is jy deel vd krimenele wat vd publiek gewys moet word!!

Petrus ·

Die Prostituut bende het hom blykbaar gewurg en in kattebak vervoer voordat sy liggaam ‘gedump’ is Vreeslik om so te sterf.

Buitestander ·

Die polisie man is dood omdat mense nie hul hande van ander se goed kan hou nie.
Wat nou???

RIP ·

Rus in vrede A/o Dion Dumas! Ek bid vir jou geliefdes en glo dat regverdigheid sal geskied.

snoefie ·

hier kom n ding.
agter geslote deure. geen inligting ivm die moord bekend nie. gaan dit nou weer in n “jare-lange kwessies daarom het ons dit gedoen” ontaard?

As jy ·

As jy man genoeg is om moord te pleeg op 14, moet jy vat wat vir jou kom op 14 – dit is omdat die peste weet hul kom niks oor nie. Almal wat so mense regte beskerm, wat het van hierdie eerlike Polisieman se mense reg geword? Ek wil dit eindelik uitskree, mens is werklik moeg daarvoor dat kriminele soos Konings behandel word.

Schalk ·

Dit is agv menseregte dat die wereld lyk soos hy lyk. Ons weet mos nou al teen die tyd dat slagoffers geen regte het nie. Die lanswette beskerm die krimineel.

wilma ·

Doodstraf sal gepas wees. 14 of 40. Moordenaar is moordenaar

m ·

Hoeveel vd gemors hey op die arme man toegesak. Erger as aasvoels.

amanda ·

G, vra jy of bevestig jy dat n 14 jarige nie kan onderskei tussen reg en verkeerd nie? Op 4 moet n kind al die verskil ken. As jy dit nie weet op 14, moet hy maar lewenslank in die tronk gaan leer.

Ja ja ja ·

Geen Borg vir die 5 nie. As hul uit kom is die kans daar dat hul die selfde gaan .

Ja ja ja ·

Geen Borg vir die 5 nie. As hul uit kom is die kans daar dat hul die selfde gaan doen.

Apie ·

Snaaks hoe oortreders van ander rassegroepe beskerm word. Witmense word op die wreedste maniere blootgestel en verneder!!!

Jan ·

Die 14 jarige storie is ‘n ou ene. Hulle weet as hulle sê hy sê hy is 14 , dan is dit ‘n heel ander saak. Ek het al heelwat gevang vir inbraak en sy eerste woorde is ” ek is 14″. Dan het ek maar die 14 jare uit hom uit geslaan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.