Vyf ontsnap in Noordwes

Argieffoto

Vyf gevangenes het Woensdag uit aanhouding by die Rooigrond-gevangenis, buite Mahikeng in Noordwes, ontsnap.

Tshidi Mapole, woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste, het gesê ʼn volskaalse soektog na die ontsnaptes is van stapel gestuur en een van die gevangenes is reeds aangekeer.

“ʼn Ondersoek is van stapel gestuur om die omstandighede rakende die ontsnapping te bepaal. Meer inligting sal bekendgemaak word sodra die voorlopige ondersoek afgehandel is,” het Mapole gesê.

Mapole het gesê die departement werk nou saam met die polisie om na die vier gevangenes te soek wat steeds op vrye voet is.

Die departement sal binnekort foto’s en meer inligting oor die ontsnaptes uitreik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Keet B.Jbjk ·

Soos Ek alreeds gemeld het …media moet self tronke besoek…En gesels met ons wat binne werk…Dan sal julle die waarheid weet…

PJC ·

Darem so ń bietjie opwinding by rooigrond. Toe ET nog daar aangehou is was die plek mos permanent in die nuus maar was sedertdien maar baie stil.

Keet B.Jbjk ·

Soos Ek alreeds gemeld het …media moet self tronke besoek…En gesels met ons wat binne werk…Dan sal julle die waarheid weet…

Johannes van Staden ·

Hoekom nog die mense vang as hulle heeltyd ontsnap maw wat is die punt ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.