Vyf ontsnap uit polisieselle

Prosperity Moeng. Foto: SAPD

Prosperity Moeng. Foto: SAPD

Die polisie in Mpumalanga is op die spoor van vyf verdagtes wat Saterdagoggend uit die aanhoudingselle van die Acornhoek-polisiestasie ontsnap het.

Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisiebeamptes aan diens het omstreeks 05:00 die aanhoudingselle nagegaan en gevind vyf verdagtes het ontsnap. Drie ander verdagtes wat saam met hulle aangehou is, was steeds in die sel.

“Drie van die ontsnaptes is deur die Acornhoek-polisie in hegtenis geneem op verskeie aanklagte en die ander twee deur die Bosbokrand-polisie, wat die Acornhoek SAPD se aanhoudingselle gebruik,” het Hlathi gesê. Hy het ʼn beroep op die publiek gedoen om die polisie te help om die verdagtes vas te trek en enige inligting oor waar die verdagtes is, met die polisie te deel.

Die ontsnaptes is Tshireledzo Makhadzi (26), wat in hegtenis geneem is vir huisbraak, diefstal en diefstal uit ʼn voertuig, Sabatha Maboi (24), wat in hegtenis geneem is vir die onwettige besit van ʼn vuurwapen en ammunisie en sakeroof, Prosperity Moeng (31), wat in hegtenis geneem is vir verkragting, Floyd Mashaba (28), wat in hegtenis geneem is vir aanranding, diefstal en ontvoering van ʼn minderjarige en Katekani Lubisi (25), wat in hegtenis geneem is vir aanranding, diefstal en ontvoering.

“Die publiek word gevra om nie die verdagtes te nader nie, omdat hulle gevaarlik kan wees. Die inligting moet eerder by lt.kol. Reckson Tronk Sibuyi by 082 469 1031 of lt.kol. Hanyani Mushwana by 082 469 1298 aangemeld word,” het Hlathi gesê.

Inligting kan ook by Crimeline by 08600 1011 aangemeld word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Lance ·

Gebeur tog so gereeld …al ou nuus ! Polisie is omkoopbaar en maar uiters pateties …net NOG n voorbeeld ! Geen wonder daar is 50 moord per dag in SA ! Niemand skrik of eers bang vir die polisie …dwing geen respek af …hoe kan hulle ook as alles vrot is tot op die been

Kobus ·

Lance darem het al 8 nie ontsnap…dalk was die ander 3 daar vir minders klagtes soos moord…..kry mos minder vir moord as om n doodskis te adverteer

Ancara ·

Een van die dae is die tronke leeg dan is daar weer genoeg plek vir die ander wat aanjaag.En niemand loop uit n tronk uit sonder hulp nie.Nee wat red nou n volk met so n klomp vrottes.

Johann ·

In my tyd was die kerke vol en die tronke vol, nou is die kerke leeg en die tronke…

Johann ·

Regstelling, die kerke was op my tyd vol en die tronke leeg, nou is die kerke leeg en die tronke oorvol, so al of daar ‘n vreugde ontstaan as mense ontsnap

Pieta ·

Dit fasineer my altyd. Vyf ontsnap en dan kry ons 4 onduidelike fotos. Ek verstaan nie. As die polisie hul rerig soek hoekom is daar nie duidelike polisiefotos beskikbaar gemaak nie.

Oom Kalahari ·

Dit is mos weer Kerstyd en daar word mos weer ‘n paar duisend vrygelaat deur menslikheids toekening weens ‘n minder ernstige misdryf gepleeg. Ook is dit verbasend dat daar min of geensins verneem word van ‘n paar blanke gevangenisse wat ontsnap het nie of word hul ekstra bewaak. Wat die polisie betref, wel dalk ‘n uitlating vir ‘n ander dag, maar die 02-05% wat hul bes en alles gee, dankie aan jul vir die tikkie van vertroue wat die gemeenskap nog het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.