Vyf ontsnapte gevangenes gou aangekeer

Argieffoto

Argieffoto

Vyf gevangenes wat op 18 Desember by Glen Grey in die Oos-Kaap ontsnap het, is weer aangekeer en het Maandag in die Lady Frere-landdroshof verskykn.

“ʼn Taakspan is onmiddellik saamgestel en die mans is Sondag reeds aangekeer,” het lt. Namhla Mdleleni, woordvoerder van die polisie, gesê.

Mpho Bhokisi (19), Athenkosi Ncinane (22), Vuyolwethu Fisani (24), Bongile Jaxa (30) en Bongani Kanzi (30) moet op 11 Januarie 2016 weer in die hof verskyn.

“Bykomende klagte van ontsnapping uit wettige aanhouding word tot hul bestaande klagtes bygevoeg,” het Mdleleni verduidelik.

Die soektog na nog vier ander gevangenes duur voort. “Die polisie doen ʼn beroep op die gemeenskap om nie self die gevangenes te probeer aankeer nie, aangesien hulle as gevaarlik beskou word.”

Enige inligting oor waar die ontsnapte gevangenes hulself mag bevind kan by jou naaste polisiekantoor of Glen Grey-polisie aangemeld word by 047 878 0050, of skakel ao Mlahleki by 082 441 8350.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.