Vyf ontsnapte verdagtes gou weer vas

Argieffoto

Argieffoto

Vier van die verdagtes wat oor die naweek uit wettige aanhouding ontsnap het, het Maandag reeds in die Mmabatho-landdroshof in Noordwes verskyn.

“Itumeleng Kgakane (32), Johannes Moloisane (47), Frans Lucky Makhutle (24) en Joseph Tshaela (38) moet weer op 3 Maart 2016 in die hof verskyn,” het kol. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, gesê.

Tien mans het Saterdag deur die dak ontsnap nadat hulle die gaasdraad stukkend gesny het. “Een van die verdagtes is dadelik weer in hegtenis geneem,” het Mokgwabone bygevoeg. “Drie verdagtes is later dieselfde dag in hegtenis geneem en ʼn vyfde persoon is Sondagmiddag weer in hegtenis geneem.”

Die persone was in aanhouding op verskillende aanklagte waaronder verkragting, roof, moord, diefstal en aanranding met die doel om ernstige liggaamlike skade aan te rig.

Mokgwabone het gesê die polisie doen ʼn beroep op die gemeenskap om hulle by te staan met inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming van die ander vyf persone. Die publiek kan 079 897 1801 skakel met inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Frederik ·

In aanhouding op klagtes van verkragting, roof & moord en die plek is met sifdraad toegemaak?? Hel, mense, dis mos nie ‘n spul budgies nie!

Peet Schabort ·

Jy is reg Frederik. Dit sal hulle leer om die een vlerk te knip . . .
Seker ook nie ‘n skêr gehad.
Daar is wel geld vir blouligte.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.