Vyf onwettige jagters in reservaat vasgetrek

Foto: Verskaf.

Vyf onwettige jagters is Saterdag binne die Kruger Nasionale Park in hegtenis geneem.

Konst. Monats Mamabolo, woordvoerder van die polisie, het gesê polisie van die Giyani-polisiëringsgebied het laat Saterdagaand omstreeks 23:00 op ʼn wenk reageer van verdagtes wat glo op pad was om onwettig te jag.

ʼn Taktiese span wat bestaan uit die provinsiale spoorspan, misdaadintelligensie, ʼn taktiesereaksie-eenheid en die Rhino8-span van Phalaborwa het ʼn operasie tussen Hoedspruit en Phalaborwa op die R40-pad onderneem.

“Motors is gestop en deursoek en vyf verdagtes tussen 30 en 36 jaar oud is in die Sabi Sand-natuurreservaat binne die Krugerwildtuin vasgetrek,” het Mamabolo gesê.

Volgens Mamabolo is daar beslag gelê op ʼn Ford Figo met Mpumalanga-registrasie en-nommerplate, ʼn jaggeweer sonder reeksnommer, ammunisie en ʼn pistool sonder reeksnommer.

Die verdagtes sal in die Phalaborwa-landdroshof verskyn op aanklag van die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie asook sameswering om beskermde spesies onwettig te jag.

Die verdagtes sal ondersoek word om vas te stel of hulle aan ander misdade verbind kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Jan Britz ·

As hulle tussen Hoedspruit en Phalaborwa gewerk het kan dit nie Sabie Sand wees nie! Die reservaat is n goeie 100+ km verder suid geleë. Dalk Olifants Wes, Grietjie of dalk Tshukudu?

Cherokee ·

Dankie vir jou korreksie Jan. Ek ken nie die omgewing nie en vind dit wat jy sê interessant omdat een van my gunsteling tydverdrywe is om via Google Earth die wêreld te verken.

Stella ·

Wat het geword van “Poachers will be poached” as hulle na plaasmoorde loop hoeveel meer gaan hierdie skelms weer vrykom?

Boere trek daagliks van hierdie poachers vas en niks gebeur nie, boonop sê hulle net die boere het ons geslaan en daar sit die boer in die tronk.
Suid Afrika moet renosterhorings uitvoer, die mark lekker versadig kry sodat die poachers nie geld vir dit kan kry nie.

Wendy ·

Beslis Nie JAGTERS Nie! Strippers ja! Kry julle opskrifte reg MM!! Julle maak jagters sleg lyk! Wat julle Nie is Nie! Hierdie mense is gevoelose stroopers!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.