Vyf op slag dood in trompop botsing

Argieffoto (Foto: Netcare 911)

Vyf mense is Maandagmiddag dood toe twee motors trompop gebots het sowat 40 kilometer buite Botlokwa in Polokwane.

Tebogo Magoro, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die voorval het omstreeks 15:00 plaasgevind.

Volgens hom het die twee motors in totaal ses insittendes gehad.

“Drie volwasse vroue, ʼn babaseuntjie en ʼn volwasse man het met ʼn ander volwasse vrou se motor gebots,” het Magoro gesê.

Volgens hom is slegs die man per helikopter na die hospitaal gehaas vir nood- mediese behandeling. “Die ander vyf passasiers is op die toneel dood verklaar.”

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Johann Marx ·

Laat ek raai….Hierdie ongeluk het op ‘n stuk pad gebeur waar daar ‘n soliede wit lyn in die middel van die pad is? Ek was gister net gou Magaliesburg toe…………SEWE voertuie het my verby gesteek oor ‘n soliede wit lyn!!! SEWE…….meesal swart Audi’s, BMW’s en ‘n Opel….almal teen ongeveer 150-160km/u….As jy geen respek het vir ‘n soliede wit lyn in die middel van die pad nie, gaan jy jou lewe verloor op daardie selfde wit lyn!!

Hennie ·

Ons sien dit elke dag oral op ons paaie Johann Marx. Ons regering het met al sy planne om ongelukke te voorkom, geen impak nie, dis alles hopeloos. Bestuurders het geen respek vir reels en ander voertuie nie, sperstrepe het geen betekenis vir hulle nie en om dronk te bestuur is so algemeen soos asemhaal.

Hans ·

Soos ek al gesê dwing die hiudige bassise wette net af en straf die oortreders dien oor een komstig en hou daar by. Geen afslag of sulke twak nie. Daar is geen maar geen versagtinde omstandighede net vir rokeloos en dronk bestuur nie. Mense gee dan nie eens right of way vir nood voertuie nie nee ons blok hul sommer af en dan dans ons op hulle.

Landi ·

n Groot deel van ons nasie/bevolking het geen idee van wet en orde nie. Ek ry elke dag vanaf die Moot, Midrand toe en sien hordes bestuurders wat nie op die pad hoort nie. Hulle voertuigbeheer is so swak dat hulle nie kan vinniger as 60km in die “fastlane” kan ry nie. Oorlaade en onpadvaardige taxis is aan die orde van die dag en dan las ons by die wintgatte in hulle GTI’s of BMW wat geen ontsag vir ander het nie. So ja dis hoekom sulke goed gebeur

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.