Vyf reik glo bedrieglike lisensie aan landdros uit

lisensie

Argieffoto.

Vyf verdagtes, onder wie ’n mediese dokter, is in Mpumalanga in hegtenis geneem vir hul beweerde aandeel in die uitreiking van bedrieglike bestuurslisensies. Die ander verdagtes is drie eksaminators vir bestuurslisensies en ’n datavaslegger.

Dié inhegtenisnemings volg kort nadat ’n landdros van KwaZulu-Natal in hegtenis geneem is nadat hy glo sy bestuurslisensie op ’n bedrieglike wyse bekom het.

Die landdros, Bonginkosi Mtshali, het reeds Vrydag in die hof verskyn en is op borgtog van R2 000 vrygelaat.

Die ses verdagtes staan nou almal tereg op aanklagte wat verband hou met sameswering om bedrog te pleeg en regsverydeling.

Die vyf verdagtes van Mpumalanga sal na verwagting Vrydag in die Eerstehoek-landdroshof verskyn. Mtshali se saak sal intussen na Mpumalanga oorgeplaas word sodat hy voortaan saam met sy medebeskuldigdes in die hof kan verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Maggies ·

Hoeveel ander landdroste in ons land is nie ook maar net so korrup nie? Geen wonder alles gaan so agteruit nie.

Cherokee ·

Die landdros kan verplaas word as regsadviseur vir zuma.

anko ·

Zuma is gratis regshulp aangebied want sy beursie is kwansuis leeg????

tweeling ·

Wel ek kan aan die een kant verstaan hoekom mense daardie roete gaan want soos die stelsel op die oomblik werk om ‘n bestuurs lisensie te hernu staan korrupsie voor in die ry. Die luiheid en onbeholpenheid skree ter hemele.

Amanda ·

Robert, Dink aan al die onskuldige mense wat sterf op die paaie as gevolg van daardie lisensies wat uit gereik was. Doen aansoek vir hernuwing deur n bestuurskool of…As mens VROEG na enige lisensie afdeling gaan, sal jy bedien word. En as jy aanlyn wil bespreek, probeer elke dag so paar keer, daar is altyd kansellasies en daar is plek. Ek verstaan ook wat jy sê maar om die “Koop” roete te volg, veroorsaak ongelukke en jou familie mag dalk volgende wees dan sal jy dit nie regtig goedpraat nie.

anko ·

Robert ek verstaan ook hoekom sulke goed gebeur, want ons land is vrot agv korrupsie. Ek probeer maar liewers om dinge op die korrekte manier doen al neem dit knersende tande, bytende lippe, baie tyd, opoffering, geduld en selfbeheersing.

Pieter ·

Nog altyd gese die land se regstelsel is net so groot grap soos die ANC.

Debbie ·

Ek verstaan nie meer nie maar 99 persent van die nuus berigte is altyd oor bedrog wat gepleeg word. Wat gaan aan hier in ons land

Yvonne ·

As n landros nie eers die verskil tussen reg en verkeerd ken nie…hoe kan hy enigsins sake regverdig hanteer..behoede my

Amanda ·

Ok. Nou is hulle gevang maar HOEVEEL onwettige lisensies is al uit gereik? Dit is hoekom daar so baie pad ongelukke is. Ek WED julle dat AL die lisensies wat uit gereik was, kode 10 lisensies is. Die REGERING moet Kode 10 (C1) lisensies alleenlik laat uitreik aan geregistreerde maatskappye se drywers en sodra hy/sy nie meer in daardie maatskappy se diens is nie, VERVAL daardie lisensie. Elke Jan rap en sy maat (en ja, ek werk DAAGLIKS met mense wat kode 10 lisensies het) het n kode 10. Die meerderheid koop dit want hulle kan nie (of dalk kan hulle, ek weet nie) in trurat ry nie EN hulle kan nie parkeer nie! Dis maar net my beskeie opinie.

Jack ·

Nogal die ou wat ander skuldig moet bevind op dieselfde oortreding Geen etiek of morele waardes nie. Nou is ons naby aan die einde van die land.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.