Vyf ry glo met bus van KZN vir rooftogte in Wes-Kaap

Foto verskaf deur SAPD Wes-Kaap

Sewe persone is Donderdagoggend in hegtenis geneem toe Wes-Kaapse polisiebeamptes op ʼn wenk reageer en ʼn klandestiene operasie uitgevoer het.

Kol. Andrè Traut, woordvoerder van die polisie, het gesê beamptes van Bellville-polisie het inligting ontvang dat vyf verdagtes op ʼn bus van KwaZulu-Natal na Bellville op pad is om sakerooftogte uit te voer. “Beamptes het die bushalte dopgehou om die aankoms van die verdagtes te monitor,” het Traut gesê.

Die vyf verdagtes is deur twee persone in twee afsonderlike voertuie, ʼn Toyota en ʼn Kia, opgelaai.

“Die twee motors is voorgekeer en deursoek. Beamptes het beslag gelê op twee vuurwapens waarvan die reeksnommers verwyder is. Een van die verdagtes, die bestuurder van die Kia, is uitgeken as ʼn konstabel van Ravensmead-polisiestasie.”

Al sewe verdagtes sal na verwagting binnekort in ʼn hof in Bellville verskyn.

ʼn Interne dissiplinêre ondersoek sal van stapel gestuur word oor die konstabel wat in hegtenis geneem is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Persheks Adri ·

Weer ‘n uniform wat betrokke is ook nogals! Joh Cele your people man en dan wil jy ons ontwapen en meer mag hê? Jy’s seker baie trots op hulle pffft

Hercules ·

en die swak, patetiese regering wil Bheki Cele, wat reeds magsbehep is, se mag versterk en uitbrei, ek dink NIE so nie!!

Dup ·

Nou kan jy nou meer……ry met ñ bus Kaap toe en word deur ñ polisielid opgelaai om rooftogte te gaan uitvoer.Skelm,skelm,skelm….of praat ek alweer uit my beurt uit?

Anel ·

Dank af, en gooi in die tronk en gooi sommer die sleutel weg.

Nicholaas ·

As dit so aangaan is daar een van die dae skaars polisie lede oor.

Derek ·

Dan wil hulle wettige wapens wegneem, maar die onwettige wapens wat deur krimenele gebruik word is vrylik beskikbaar! Wat n grap, en ons moet die SAPD vertrou? Hoe weet jy wie is korrup en wie nie?

Persheks Adri ·

Dis mos presies wat ek gesê het! Cele wil ons ontwapen, maar kyk sy mense wat korrup is pffft

Androclus ·

“Fire” daardie konstabel en net om te dink vanaf KZN na Kaap om te roof en as daardie rooftogte nie werk nie dan loop dit uit op moord.Onskuldige lewens word dan geneem.

Jakes ·

Hopelik sak die polisieman betrokke nie promosie of vergoeding kry omdat hy ook by die skelmbrigade in die polisie aangesluit het nie.

Hennie J ·

Goeidag hoedman, omdat jy niks se nie glo ek die oortreder is een van our people.

JohanR ·

En daar kom die ANC/EFF/Taxi waarheid nou uit. Kon net soevel hoofskrif gehad het met “vyf ry glo met taxi van KZN vir plaasmoorde in Wes-Kaap.” “Vyf ry glo met taxi van Gauteng vir plaasmoorde in KZN” en soe aan en soe aan!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.