Vyf senior VS-amptenare in hof oor bedrog van miljoene

hof-hamer

Argieffoto

Vyf senior regeringsamptenare in die Vrystaat is op borgtog vrygelaat nadat hulle in die Bloemfontein-streekhof verskyn het op aanklagte van korrupsie, bedrog en geldwassery van meer as R245 miljoen.

Lerato Mngomezulu (39), Disebo Masiteng (59), Mokemane Ndumo (52), Mahlomola Mofokeng (55) en Mbana Thabethe (54) is op borgtog van R10 000 elk vrygelaat. Thabethe is ʼn voormalige departementshoof van die Vrystaatse departement van landbou. Die ander vier was lede van die bodkomitee.

Sipho Ngwema, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het gesê daar is tydens ontledings van die bankrekeninge in die Estina-saak bevind dat daar onreëlmatighede en verborge betalings aan een van die amptenare was.

“Hulle het na bewering ’n aantal kontrakte toegeken aan ’n maatskappy genaamd Superior Quality Trading, wat ook as Rekgonne Community Projects handel dryf, hoewel hierdie maatskappy nie verpligte inligtingsessies bygewoon het nie. Die onderneming het ook ’n sertifikaat van bywoning gehad, alhoewel dit nie teenwoordig was tydens die verpligte inligtingsessie waar hierdie sertifikate uitgereik is nie. Die departement het na bewering meer as R756 miljoen aan die maatskappy betaal.”

Lenah Mohapi (55), direkteur van Superior Quality Trading, het na bewering groot bedrae geld in Seipati Dlamini, destydse hoof- finansiële beampte van die departement, se bankrekening betaal. Die betalings is glo verbloem as terugbetalings van Telkom en mediese dienste.

Dlamini en Mohapi is in Julie deur die Valke in hegtenis geneem. Hulle het reeds op aanklagte van bedrog, korrupsie en geldwassery in die hof verskyn en is ook op borgtog van R10 000 elk vrygelaat.

Die sewe beskuldigdes moet weer op 10 September in die hof verskyn. Hulle sal gesamentlik op 58 aanklagte van korrupsie, bedrog, geldwassery en oortredings van die Wet op  Openbare Finansiële Bestuur verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Grassie ·

Ek sien nie die heel grootste plunderaar destyds in die Vrystaat se naam op die lys van beskuldigdes nie

lollapot ·

Hy sal beslis nie ingetrek word nie, dit is mos een van die BIG SIX . . .

Adeline ·

As ‘n mens na ‘n appel (selfs ‘n aartappel ) kyk om dit te gebruik vir eet (voed) dan lyk dit so goed – val ‘n appel, buite om is die skil begeerbaar blink en mooi, maar as die kern van die appel voos vrot is dan is die appel se smaak en nut – totaal nutteloos en onbruikbaar. Dit is hoe ek die voos vrot korrupte “cANCer” ervaar as lid van die publiek en ‘n RZA burger. Die dade wat hierdie amptenare in die diens van die land staan teenoor elke burger – dan ly ons mense geweldig onder hulle optrede en misbruik van hulle posisies – die kreatiwiteit rondom hulle optrede en uitvoerings magte van korrupsie is geniaal.
Wat verstommend is – is dat hulle al die jare al wegkom met die tipe van korrupsie en leuens en NIEMAND het dit agter gekom of iets daaromtrent gedoen nie – hierdie kreatiewe misdadigers is bokant die wet en sal verseker na die hof verrigtinge skotvry daarvan afkom en weer in hulle poste aangestel word. RZA = kriminele paradys/hemel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.