Vyf seuns sterf in brand

brand vuur vlam

Argieffoto (Foto: Alexas_Fotos, Pixabay)

Vyf seuns het Vrydagnag in ʼn brand in die Masiya- informele nedersetting in Philippi, Kaapstad, doodgebrand.

Die brand het omstreeks middernag ontstaan. Ongeveer 30 inwoners van die nedersetting is deur die brand dakloos gelaat.

Pres. Cyril Ramaphosa het Saterdag gesê die tragedie plaas weer eens die kollig op die gevare wat talle Suid-Afrikaners, veral gedurende die wintermaande, in die gesig staar. “Hierdie tragedie raak en affekteer ons almal as Suid-Afrikaners, veral tydens Jeugmaand wanneer ons fokus is op die skep van beter lewens vir jongmense,” het Rampahosa gesê.

“Die regering het sedert 1994 al aansienlike vordering gemaak in die ontwikkeling van menslike nedersettings, maar tragedies soos hierdie herinner ons aan hoeveel werk nog gedoen moet word om behuising, veiligheid en gerief aan alle Suid-Afrikaners te bied.”

Die president het sy medelye teenoor die families van die oorledenes en die mense wat dakloos gelaat is uitgespreek. Hy het gesê die regering sal die gesinne wat geraak word bystaan.

“Ons sal ook in ons gemeenskappe werk om bewusmaking te skep rondom veiligheidsmaatreëls veral nou wanneer gesinne verskeie vorms van brandstof en verhitting gebruik om warm te bly.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Dis so ·

Ja ja net julle weet van die vordering. Niemand anders weet daarvan nie behalwe die goeie vordering wat by nkandla gemaak is met die “fire pool” om so tragedie daar te vermy. Dis net ongelooflik hoe vinnig die slagoffers se families van een bevolkings groep met my belasting geld bygestaan kan word. Nee wat ons wittes is slapgat om dit so ver te laat gaan het. Ons kan wragtig net onsself blameer.

Lagmaar ·

Net weer vir oulaas n apartheid verwysing maak, nê mnr die “presedent”?

Gemaskerde Sopbeen ·

As die regering misdaad onder beheer gehad het, kon elke baksteen wat vandag in veiligheidsmure vas gemessel is gebruik gewees het om vir mense huise te bou. En as die regering eerder “rentevrye” lenings toegestaan het aan werkende mense om vir hulle eiendom mee te koop, in plaas van alles “gratis” te belowe”, kon baie meer gesinne al huise gehad het in plaas daarvan om te wag vir die “gratis” wat nooit gaan gebeur nie.

Eddie ·

Gemaskerde sopbeen, dis nou wragtag goed gese. Jy het my nou goed laat glimlag.

Doempie ·

As die regering minder geld verkwis het en hulself probeer verryk het, het baie meer Suud-Afrikaners al veilige behuising en geriewe gehad.

Robert Naude ·

Die anc regering moet die blaam vat vir hul onbevoegdheid en diefstal in hul tydperk van bewind.

Koos ·

Dis apartheid se skuld dat almal vandag baie kinders het by verskillende ma’s, hulle pondokke naby mekaar bou en elkeen met ‘n DStv skottel op…

Willem Botha ·

My innigste meegevoel met die families wat nie net hulle kinders op die allerverskriklikste wyse verloor het nie maar ook al hulle skamele besittings en nou in die winter dakloos is.

Koos de Meyer. ·

Waar kom al die plakkers in dié kaap vandaan. Die regering moet van die miljoene hektaar in hulle besit ook gee vir behuising. Maar wat soek almal in die Kaap. Hoeveel kom van die buiteland en kom plak hier. Land van melk en heuning, die heuning is amper op en die melk is op pad om op te droog. Wat dan.

Eiertjie-te-lê ·

Ek stem saam met alle vorige kommentaar. Tog wil ek bylas dat daar opmekaar gebou word. Ook ek het in my kleintyd nie elektrisiteit en lopende water gehad maar ons het veilig gewerk met vuur. Dink dalk ook aan ‘n bystandsfonds vir vermoorde boere se familie, of hoe Cyril?

Wilma ·

My ma het tot haar dood 10jaar gelede ni lopende water binne die huis gehad ni ook ni elektrisiteit ni want syt dit so verkies. Regering kani voorbly om behuising te voorsien ni want hier in SA het die ongeskooldes besluit om baie kinders te kry vi Allpay. Govt se kindertoelae verlig armoede. Hu de hell. Wat koop mens vi R400. Gesinsbeplanning is die antw

Meraai ·

Die ANC het gedurende hulle struggle al die jare vir hulle mense gesê om te vermeerder en het ook belowe daar gaan huise ens vir al hulle mense gegee word wan hul regeer…nou regeer hulle al 24 jaar lank en nog steeds net leë beloftes en die mense word net meer. Hoe gaan die regering vir ongeveer 30 miljoen mense ordentlike huise bou of gee en met geld wat hulle waar gaan kry??? Al onteien hulle al die grond en ander eiendomme in die land gaan daar nie genoeg wees om aan hulle mense uit te deel nie. Hoe lank nog gaan mense die leë beloftes en leuns glo??

Callie ·

Meraai, as jy laat n mal mens jou met doom in die gesig spuit en duiwels uit jou uitdryf en jy hom daarvoor betaal, of as jy Malema en die ANC glo, sal jy mos nooit van beter weet nie. Jong swart vrouens word deur die regering basies prostitute gemaak want dan kry hulle geld vir elke kind. So, hulle sal in plakkerskampe in haglike omstandighede bly. As hulle in so situasie is, is hulle maklik beinvloedbaar deur n populistiese regering wat aan bewind wil bly. Die land gaan brand want CR en sy trawante gaan soos daardie tyd in Frankryk nie die gepeupel kan keer as hulle opstaan nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.