Vyf skoliere rand glo leerder aan

Argieffoto

Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, het Maandag besoek afgelê aan Crystal Park High School in Benoni, ná ʼn video van ʼn aanranding aan die lig gekom het.

Op die video kan gesien word hoe ʼn graad 9-leerder deur vyf ander leerders (vier in graad 9 en een in graad 8) aangeval word. Die voorval het verlede week Woensdag plaasgevind en medeskoliere het die beeldmateriaal versprei.

Steve Mabona, woordvoerder van die departement, het gesê ʼn voorlopige ondersoek het aan die lig gebring die voorval spruit uit ʼn woordewisseling wat vroeër tydens skoolure plaasgevind het. Die bakleiery het ongeveer 30 meter buite die skoolterrein plaasgevind.

“Alle ouers van die betrokke leerders is ontbied om die dissiplinêre prosesse te bespreek. Die vermeende oortreders is intussen voorlopig geskors, hangende die uitslag van die dissiplinêre verhoor.”

Lesufi het aan die skoliere gesê hy het die skoolbeheerliggaam opdrag gegee om nie vinnig op te tree om die dissiplinêre verhoor te skeduleer nie, sodat die oortreders so lank as moontlik by die huis kan bly en ʼn les kan leer uit hul “wandissipline en skokkende gedrag”.

ʼn Span sielkundiges is tans by die skool om die nodige berading aan die slagoffer te bied. Die ouers van die slagoffer het die voorval ook by die Suid-Afrikaanse Polisiediens aangemeld. Die vermeende oortreders is aangekeer en in hul ouers se toesig oorgegee. Die polisie stel verder ondersoek in, het Mabona bygevoeg.

Leerder by Edenvale High School aangerand

Die departement veroordeel ook die aanranding van ʼn graad 9-leerder deur ʼn meisie in dieselfde graad by Edenvale High School. Dié voorval het reeds op 15 Februarie tydens pouse by die skool plaasgevind.

“Die vermeende oortreder is voorlopig geskors hangende die uitslag van die dissiplinêre verhoor. Albei ouers is in kennis gestel van die dissiplinêre prosesse. Sielkundige ondersteuning word aan die slagoffer gebied wat geringe kaakbeserings opgedoen het,” het Mabona gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Piet kokewiet ·

Wat gebeur met vandag se jong mense slaan mekaar en onderwysers… hulle strike wat gan van die plek word as die kinders so an gan… sies man mens kan sien hoe slaan hulle daai kind.

Stella ·

Ouers sal die kinders se geveg weer vir hul veg en verskonings uitdink. Wanneer gaan iemand met gesag iets kan doen aan die tipe onaanvaarbare gedrag by skole? Ek antwoord my sommer self, NIEMAND gaan iets daaraan doen nie!!!!! Dit is mos aanvaarbare gedrag die BAIE!

John ·

Daar kan omtrent nou al ‘n verbeteringskool gebou word vir al die leerders wat geskors is weens wandade. Maar Sesufi weet net hoe… so op dieselfde dag wat hy wit skole op hul plek wil sit.. kry hy met sy eie skole se gedrag te make… Waar was die onderwysers tydens die aanranding?

IK ·

‘Geringe kaakbeserings’? Wat vd sielkundige beserings. Daar het al kinders selfmoord gepleeg hieroor. Hierdie is ‘n kaak storie? Nee, laat die lat die praatwerk doen.

Manie ·

Lesufi die self bewyse rassis moet hom liewer bepaal by sy werk en gaan beplan hoe hulle die groot agterstand in skole gaan inhaal

Jannie ·

Lesufi wil die proses vertraag om die kinders so lank moontlik by die huis te laat bly om hulle te straf. Dit is nie vir ń kind ń straf om by die huis te bly nie.
Ons probleem is nie soseer die kinders nie maar mense soos Lesufi wat nie weet hoe om kinders te straf nie.

Piet Petrol ·

Ja nee swaer. Vir die lênnas is dit net vervroegde vakansie. Heerlik. Was hulle wit het ou dwaalgees Panyasa hulle binne ‘n uur skuldig bevind geskors en ter helle vervolg.

Basjan ·

Piet Petrol, ek hou van daardie uitdrukking “ou dwaalgees”. ???

Spike ·

Baie geluk comrades en kaders. Julle het ons so grootgemaak.

Juffrou ·

“Waar was die onderwysers?” vra iemand. Sowaar? Kinders is 30m BUITE die skoolterrein! Lees asb mooi. Dis wat ons met ons Gr 1 leerders doen. Ons leer hulle lees en skryf.

Hannah ·

Nie almal kan leer lees en skryf nie……
..
Hulle reageer net op instink…veg of vlug

Oud Onderwyseres ·

Ek wat ‘n vrou is, het skool gegee vir 3 jaar en in die tyd het ek net geweier om betrokke te raak by gewegte. Ek as vrou sal nie tussen sulke geweld intree nie. In so sitsuasie swaai die vuiste net waar hulle wil. Geen respek vir gesag nie, en dis hoekom hulle mekaar so aanrand. Glo my selfs dogters raak buite hulleself nie net die seuns nie. Inteendeel raak dogters katterig wat vir my erger was. Skies lyfstraf moet eenvoudig terug kom! Een van die vele redes hoekom ons land so baie goeie onderwysers verloor.

E ·

Die leiers van ons land stel dan die voorbeeld in die parlement.

se maar ook net ·

en weereens gaan daar niks van kom nie want dis ons norm in suid afrika. as ons nie ons sin kry nie plunder, verbrand en vermoor ons want dis ons REG. en daai is die tipe kinders wat ons in die werksplekke instuur eendag dis een bose sirkel wat ongelukkig nie gou gaan verander nie. Bring dissipline en die doodstraf terug dis al klaar ‘n begin. Daar is nie meer aksies en gevolge vir dade nie almal kom weg daarmee en hulle sien dit by die grootmense. Ek se ook maar net

Huh ·

Wat op aarde gaan aan deesdae in ons skole? As dit nie ‘n Juffrou is wat ‘n kind aanrand nie, is dit ‘n Meneer wat ‘n dogter verkrag? Kinders slaan mekaar, neem video’s en dit word oral versprei. Ons skole is nie meer skole nie, dit lyk eerder na ‘n oorlog zone. Of is skole deesdae die nuwe sirkus?

TW ·

Hoe lyk dit vir my dat van dissipline en lyfstraf [in matige vorm] weg geneem is, raak kinders al hoe meer geweldadiger en pleeg self moord, en jy sien dit daagliks toeneem. Wil nou graag weet, daar was gemeen dat n pak slae op sy tyd “nadelig” is vir kinders, waar kom die geslanery dan nou vandaan tussen kinders as geen lyfstraf toegedien word nie? Nee wat, as jy regtig vir jou kinders omgee, leer hulle respek en dissipline en ja dit kom soms met n raps of twee. Om te tug beteken nie aanrand nie, as dit is n mens se geaardheid is om aan te rand, gaan jy dit doen, met of sonder wette wat opvoeding kelder.

Mariana ·

Geen dissipline, geen respek. Grootste probleem met vandag se kinders en natuurlik die ouers se min of geen beheer. Daar behoort erger straf as skorsing te wees vir die tipe kinders. Hulle tree op soos kriminele. Maar nee vandag se telgies word mos sielkundig benader en o wee sou jy jou hand teen hul lig is die gort gaar. Ek stem saam met TW. Pakslae op sy tyd het nog nooit enige kind skade aangedoen nie. Regering het besluit geen lyfstraf en nou sit ouers en die res van die land met die onopgevoede, ongedissiplineerde, in-watte-toegedraaide hooligans. Wel iets sal moet gedoen word om die groterwordende probleem te stuit.

Vlam ·

Ai tog, met vandag se winkels, internet toegang, DSTV ensovoorts is dit nie ‘n straf vir kinders om by die huis te bly nie. Nee wat gaan terug met swaarder straf, slaan help ook nie altyd nie. Elke skool het ‘n tuin of klas kamer wat aandag kort, hou die kinders elke middag terug en hou hulle met dit besig. Ek neem onderwysers nie kwalik omdat hulle nie wil betrokke raak nie, hulle moet ook maar versigtig wees deesdae!

Hennie ·

Die gedrag sal ophou sodra die roede weer in die ouer se hand gegee word om die kinders disipliene tuis te leer. Omdat die kinders nie meer getugtig word nie doen hulle wat hulle wil.

Olly ·

Dis omdat die pakslae’s nie meer deur die volwassenes uitgedeel word nie, maar deur die kinders!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.