Vyf sneuwel in jaagtog met Valke

Argieffoto: SAPD / Facebook

Argieffoto: SAPD / Facebook

Vyf verdagtes is Maandagaand noodlottig gewond nadat hulle tydens ʼn hoëspoedjaagtog in ʼn oor-en-weer-skietery met lede van die Valke betrokke geraak het.

Brig. Hangwani Mulaudzi, nasionale woordvoerder van die Valke, het Dinsdag gesê die voorval het op die N2-snelweg tussen Port Shepstone en Shelly Beach plaasgevind.

“Die beamptes het inligting opgevolg oor ʼn groep gevaarlike en gewapende rowers, wat in ʼn voertuig van die Oos-Kaap na Durban onder weg was. Die verdagte voertuig is opgespoor en die bestuurder daarvan het opdragte verontagsaam om stil te hou,” het Mulaudzi gesê.

Van die insittendes in die verdagte voertuig het op die beamptes begin skiet. Die beamptes het teruggeskiet en ʼn jaagtog teen ʼn hoë spoed het gevolg.

“Die verdagtes se voertuig het kort daarna tot stilstand gekom en al vyf insittendes is dood verklaar. Daar is reeds vasgestel die verdagtes word verbind met twee moordsake, asook rooftogte in Mpumalanga en Durban.”

Die polisie het beslag gelê op ʼn AK47-aanvalsgeweer, twee ongelisensieerde 9mm-pistole, verskeie selfone en ʼn bedrag kontant.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Jack Russl ·

Soos dit nou gaan in SA word die lede van die valke aangekla van moord en moet die belastingbetalers opdog vir vergoeding aan die “slagoffers” se familie

JRB ·

Dis nes jy daar se, Jan. Dis net soldate wat sneuwel. Word daar uit eindelik gese wat baie van ons al lankal dink?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.