Vyf spoedvrate aangekeer

Argieffoto

Argieffoto

Vyf motoriste is Sondag tussen 05:00 en 11:00 op die N3-snelweg in Germiston in Gauteng aangekeer nadat hulle die spoedgrens verontagsaam het.

“ʼn 42-jarige man met ʼn vrou en twee kinders in die motor is om 07:00 voorgekeer nadat hy teen 172 km/h in ʼn blou Audi S3 gery het,” het lt. Kobeli Mokheseng, woordvoerder van die Ekurhuleni-metropolisie, gesê. “Die man het aangevoer hulle was laat vir kerk.”

Vier ander persone is aangekeer wat tussen 162 km/h en 166 km/h gery het.

“Hulle is in aanhouding by Germiston-polisiestasie en word aangekla van roekelose of nalatige bestuur,” het Mokheseng bygevoeg. Hulle sal binnekort in die Germiston-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Varkie ·

Wel Mr Audi sal seker die borgtog en boete sal kan bekostig sooo volgende naweek oppad kerk toe selle storie

Priester ·

Wel pleks hulle vir Mnr Audi kerk toe vergesel het, want hy het dalk baie sondes om te bely en nou’t hy sy kans vir belydenis heeltemal misgeloop!

Andre ·

Ons Kerk begin 08h30. Dink nie mens ry ‘n uur Kerk toe nie, daar is verskei senodes… Verskil die Kerk tye so groot?

WitBlits ·

Goeie werk van die regsamptenare om so vinnig spoedvrate te vang en op te sluit, maar net jammer hulle het nie dieselfde ywer om plaasmoordenaars en verkragters te vang en toe te sluit nie!

Tim ·

Dis ‘n S3…. ‘n Gewone A3 sal daai spoed kan haal, wat nog van die sportmodel.

Frans C ·

Die nuwe S3 word elektronies beheer tot ongeveer 250kmu .’n Nuwe RS3 sal ver oor die 300kmu kan haal.Dit is gewoonlik van die ouens wat op jou agterent sit en nie kan wag dat jy met jou gewone motor moet gee pad op die snelpad nie.

plaasjapie ·

Verregaande dat daar op sulke oortredings soveel aandag gegee word…tot die nuus haal…en intussen word daar daagliks moorde gepleeg wat min tot niks aandag van die “regstelsel” kry nie. Wens ons volkie se oee wil oopgaan !!!

CJ ·

Fokus eerder op die regeringsamptenare wat dink as hulle hul blouliggies aaskakel die pad net aan hulle behoort en die spoedgrens dan nie bestaan nie…hulle doen dit elke dag van die week. Gelukkig was Mnr Audi oppad kerk toe, hoeveel van julle kan dit sê!

Ludolph ·

Al is ek ‘n Christen, is ek eerder 5 minute laat vir kerk as wat ek ‘n paar jaar te vroeg in die hemel aankom.

Vander ·

Wel, ons almal stem sekerlik saam dat dit n groot risiko is om op ons paaie te bestuur. M.a.w , hoe langer op die paaie, hoe hoër die risiko! …. Dit maak dan sin om minder tyd agter die stuur te spandeer van a tot z…. Of hoe? ” Met tong in die kies gesê. ?

Christa ·

. . . . en dit met TWEE kinders in die motor!! As hy vere voel vir sy eie lewe, beteken daardie twee kinders se lewens OOK niks vir hom en die vrou saam met hom in die motor nie. Sy ry ook maar net saam teen daardie mal spoed en se NIKS??!!!

Hannes ·

Als goed en wel. Hulle moet net die mense wat minder as 80 km per uur ry ook toesluit want dis net so gevaarlik

Leo ·

Hannes jy slaan die spyker so op sy kop. Die mense wat 80 tot 100 op die highway ry moet ook toegesluit word, want dis hulle wat ook noodlottige ongelukke veroorsaak. Ek moes self die naweek kwaai briek aanslaan in my klein Picanto teen 120km vir ‘n idioot wat in die 2de baan van regs ry teen minder as 80km per uur. Wat soek hy dan op die highway in daardie baan teen daardie stadige spoed?!

Oni ·

Ek dink dat na baie meer ernstige dinge gekyk moet word as na n spoed wat met vandag se motors, geen spoed is nie.

My tweesent bydrae ·

Wat van n wet vir hou links en gaan regs verby ? Dit gebeur nie .

A ·

Konsentreer eerder op taxi’s se spoed en onverskilligheid as spoedvrate.

Bielie ·

Ek het nou net op die R21 gery teen ongeveer 120km/h.

Dit het gelyk asof ek ‘n parkeerplek soek soos die mense my verby gegaan het.

Johan ·

Uiteindelik iemand wat breins het om te weet spoed maak nie dood nie en dat dit lekker is! Die “kritici” wat hier gal braak oor spoed is ook te onnosel om te weet dat ‘n Audi S3 Quattro ontwerp is om veilig te hanteer teen 250km/h (vir die Autobahn) en dat 172km/h voel asof jy stilstaan in ‘n S3 / M3 / AMG!

Nico ·

Die (argief)foto toon spoed van 275km/h, wat nie gebeur het nie.

Santie ·

Sjoe ai ai…
Maar skokkend en pateties hoe daar op ons paaie bestuur word. Spoed en heen en weer vleg tussen bane
En baie wat sommer heel links aan soomkant vd pad verby wil kom. Geen verkeersbeamptes dan in sig nie
My hart al paar keer amper gaan staan.

Beertjie ·

Hier by ons in Heidelberg Wes Kaap is ‘n ou boer van 86 jaar verlede jaar gevang teen 196km/h in ‘n 80 km/h sone met sy ou diesel Toyota bakkie met sy ou labrador agterop. Ek het die boetekaartjie gesien. Selfs die verkeershoof het erken dit is ‘n fout. Volgens Toyota is daai bakkie se topspoed nuut 146km/h. Hoeveel ander soortgelyke foute beland ook in die hof?

petrus ·

SAL GRAAG WIL WEET HOEVEEL TAXI BESTUURDERS WORD OPGESLUIT WAT DAAGLIKS DOOD OP PAAIE SAAI.

Namibië ·

Ek gaan seker nou gekruisig word. Daar is veel erger dinge as ‘n ervare bestuurder wat sy motor in ‘n goeie toestand hou, sy limitations ken en ‘n lekker spoed ry (160). Soos dronkbestuur. Senuweeagtige en onervare bestuurders wat dink hulle is op die Kayalami baan. Onpadwaardige voertuie. Mense wat stadiger as die spoedgrens ry. Onverskillige bestuurders. Road Ragers. En…en….en…

klein ·

Dit is nie spoed wat doodmaak nie dit is die skielike tot stilstand kom wat doodmaak.

Frik ·

Wat n VREESLIKE oortreding. Verontagsaam soliede sperstreke wat tot kop aan kopbotsings lei en jy kry net n boete maar ry net te vinnig en dis tronk toe. Wat van trokke wat net 80km mag ry en dan ry hulle 120km. Dis ook 40km oor hul spoedgrens. Hoekom hoor ons nooit van hulle wat gevang en ge-arresteer wird nie?

Niel ·

dan kort ons ‘n lekker autobahn. Gaan heerlik wees as daar ‘n strook is waar die ouens dan so bietjie kan vetgee. Ek praat nie spoed goed nie, maar soms weet die ouens wel hoe om te ry. ek ry darem altyd binne my spoedgrens, dalk soms wanneer die pad rerig stil is so bietjie vinniger vir so ‘n minuut of 2, en sal dalk soms bietjie vinniger ry in ‘n dubbelbaan om ‘n voertuig of so verby te steek (natuurlik na ek wel seker gemaak het dis tog veilig.) die probleem egter soms is die ander kar wat dalk net nie die padreels volg nie, en onverskillig ry, ‘n voertuig verby steek wanneer dit nie veilig is nie, en dan my lewe in gevaar stel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.