Vyf sterf, 19 beseer op Limpopo paaie

Die wrak van 'n motor wat betrokke was by 'n botsing buite Lephalale in Limpopo. Foto: SAPD

Die wrak van ‘n motor wat betrokke was by ‘n botsing buite Lephalale in Limpopo. Foto: SAPD

Vyf mense is dood en 19 beseer in twee verskillende botsings Vrydagaand in Limpopo.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die eerste botsing het op die R518 buite Lephalale (Ellisras) plaasgevind. “Een motor het na bewering ʼn ander verbygesteek, maar het beheer verloor en met ʼn ander motor gebots, wat daartoe gelei het dat nog twee voertuie in die botsing betrokke was,” het hy gesê.

Twee mense is op slag dood en sewe ander het ernstige beserings opgedoen. Vier mense was ongedeerd.

In nog ʼn botsing op die R40 in Phalaborwa, het ʼn motor reg van voor teen ʼn Toyota Quantum-voertuig gebots. “Drie vroue in die Quantum is op slag dood en 12 ander passasiers het ernstige beserings opgedoen. Hulle is na die Maphutha Malatji-hospitaal gehaas,” het Ngoepe gesê.

Hy het gesê in beide gevalle word ʼn saak van strafbare manslag ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Bruno Stef ·

Is n Quantum bussie nie net n gekamoefleerde Taxi as ons nog die ou beskrywing van die betrokke voertuig gebruik nie of val die nuwe aanspreekvorm dalk sagter op die oor.

Scalla ·

Dit is hoekom die perd weg geneem is deur Toyota uit hul embleem, die goed hy spring

Spoed ·

Jy steek verby en verloor beheer!? Dit dui onteenseglik op té hoë spoed en geen geduld. Pas jou spoed aan by die padomstandighede, dit kan mos nie so moeilik wees? Ook ek was ‘n paar keer in 56 jaar agter die stuur aan die ontvangkant van byna tromop-botsings. Ek kon dit vermy slegs omdat ek ook van my kant ‘n verantwoordelikheid het om nie soos ‘n mal ding voort te jaag. Die K53 is NIE die gepaste opleiding vir bestuurslisensies want belangrike inligting/omstandighede ontbreek. Gelukkig het ek ‘n pa gehad met verstand toe ek in 1960 my bestuurslisensie gekry het. En ja, ek het aan georganiseerde tydrenne deelgeneem, so ek slaap ook nie op die pad MAAR gebruik my verstand.
DAAR IS GROOT FOUT MET DIE OPLEIDING VAN PADGEBRUIKERS MAAR OWERHEDE HET ALLERHANDE PLANNE WAT NET NIE WERK NIE !!!

JoeV ·

Die verskil is motor bestuurder en motor operateur. een weet waar sit alles soos bepaal in K53 en hoe dit werk, die ander kan ‘n voertuig bestuur, laasgenoemde kan in meeste gevalle ook bepaal wanneer spoed verkeerd is vir die omstandigheid. Breek nie sommer reëls nie want verstaan waarom dit daar is.

Buitestander ·

Hoe gebeur dit dat al meer kop en kop botsings plaasvind ??
Hoe goed is die bestuurders se gesig ?? Kan hulle verder as 20 meeter voor hulle uit sien ?? Word die oë vir ver sien getoets ??

Johan. H. ·

Is by die ongeluk verby. Daar is verby gesteek om n draai, Daar was ook n bmw betrokke maar ek sien dit nie op die foto nie,

Petro Hattingh ·

Dit was my familie in daai ongeluk by Ellisras. Die Here het Sy hand oor hul gehou want hul kon dood gewees het. Deur een onbesonne besluit is twee mense dood en n paar mense het n traumtiese ondervinding gehad. Sulke onverantwoordelike bestuurders moet die doodstraf kry want hulle verwoes mense se lewens.

Boertjie ·

Ek bly in Ellisras en padreels word blatant ignoreer. Veral oor naweke kan jy nie wag om te stop by n stopteken nie wat die ou agter jou gaan in jou gat vas jag. Sperstrepe beteken “net taxi’s mag hier veby steek”.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.