Vyf sterf in botsing

iStock_000015602916XSmallVyf mense is dood en sewe beseer na ‘n botsing tussen ‘n weermagtrok en ‘n ligte afleweringsvoertuig op die N2 in Mpumalanga.

Joseph Mabuza, woordvoerder van die departement van gemeenskapsveiligheid, sê die afleweringsvoertuig het agter in die weermagtrok vasgery op die N2 tussen Pongola en Piet Retief.

“Vyf van die oorledenes was insittendes van die afleweringsvoertuig. Drie insittendes van die afleweringsvoertuig het ernstige beserings opgedoen. Een persoon in die weermagtrok het ernstige beserings opgedoen.”

Mabuza sê die bestuurder van die afleweringsvoertuig is in die botsing dood. “Die voorlopige ondersoek dui daarop dat die afleweringsvoertuig op ‘n sperstreep probeer verbysteek het toe dit agter teen die weermagtrok gebots het.”

Die beseerdes is na ‘n hospitaal geneem vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.