Vyf sterf in ambulans-ongeluk

Argieffoto

Argieffoto

Vyf mense is dood en een persoon is beseer nadat ʼn ambulans en ʼn motor naby Polokwane in Limpopo gebots het.

“Vyf mense het onherkenbaar verkool in die botsing wat Donderdag plaasgevind het,” het Macks Lesufi, woordvoerder van die departement van gesondheid in Limpopo gesê. Die botsing het in Lebowakgomo, suid van Polokwane, plaasgevind.

“Drie insittendes van die motor en twee in die ambulans is op die toneel dood verklaar. Die bestuurder van die ambulans is na ʼn hospitaal gehaas.” Volgens Lesufi het die ambulans ʼn pasiënt vervoer wat oorgeplaas is na ʼn ander hospitaal.

Lesufi het gesê hulle is nog in die proses om die oorledenes te identifiseer en het bevestig die polisie ondersoek die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

lorayne ·

Wat ‘n tragedie. . . Mag die Here Sy hand hou oor AL ons noodwerkers! my hart gaan uit na almal wat beseer en gedood is se gesinne.

Riaan ·

Polokwane. Regtig? Dit is mos Pietersburg? Of kruip ons agter die kommuniste aan?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.