Vyf sterf in bakkie-ongeluk

Argieffoto

Vyf mense is dood en nege beseer in ʼn bakkie-ongeluk in die Oos-Kaap.

Kapt. Jackson Manatha, woordvoerder van die polisie, het gesê die ongeluk het Vrydag omstreeks 15:00 op die N2 naby die Doti-nedersetting buite Butterworth plaasgevind.

“Veertien mense was in die bakkie toe die ongeluk plaasgevind het. Die oorsaak van die ongeluk is nie bekend nie en word nog ondersoek. Daar was nie ʼn ander voertuig in die ongeluk betrokke nie,” het Manatha gesê.

Vyf mense, onder wie vier vroue en ʼn man, is op slag dood. Nege mense het ernstige beserings opgedoen en is in ʼn ernstige toestand na die Butterworth-hospitaal geneem.

Die ouderdomme van die oorledenes kon nie dadelik vasgestel word nie.

Die Dutywa-polisie ondersoek ʼn saak van strafbare manslag.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Adam ·

Oorsaak onbekend Logies die bakkie was oorlaai en bestuurde nie bevoeg om voertuig te kon hanteer nie Seker nie eers permit gehad om mense te vervoer ook nie

Veritas ·

Vyf dood en nege beseer. Veertien mense in ‘n bakkie. Twee voorin ( ek neem aan hulle het by die wet gehou) beteken dat daar twaalf agterop was. Hoe op aarde pas jy twaalf passasiers en hul bagasie agterop ‘n bakkie? Daar word nie melding gemaak van kinders nie so ons kan aanneem dat almal volwassenes was.

Cherokee ·

Jy neem aan hulle het by die wet gehou maar die bakkie oorlaai? Vreemde aaname.
Maar terloops bevraagteken ek dit of enige hoeveelheid mense agter op ‘n (oop) bakkie mag ry.

Veritas ·

Cherokee, ‘n goeie begrip het net ‘n halwe woord nodig. Die ‘by die wet gehou’ deel, is half tong in die kies bedoel.

Cherokee ·

Veritas, die halwe begrip wat net ‘n halwe woord nodig het is net so van toepassing op my kommentaar. want… dit was met ‘n glimlag gesê. Dit herinner my aan Joey wat my dekades gelede al gewaarsku het dat ek grap met ‘n te ernstige gesig en dit dan ernstig opgeneem word. Dit roep ook in herinnering op die kollega wat vir ‘n oomblik stil gebly het en toe gesê het dat hy gewaarsku is om fyn te luister wanneer ek praat voor hy reageer. Punt is, èk bly die skuldige want ek sê dinge te ernstig en digitale teks is erger want jy kan nie eens my monshoeke sien roer nie! Dit verduidelik waarom MM veelvoudig van my kommentare nie plaas nie en dit maak dit ook duidelik dat ek moet sê ‘askies’ maar met ‘n glimlag. Terloops, ek geniet jou kommentare sonder uitsondering – elke een daarvan.

Veritas ·

Cherokee ek aanvaar die verskoning onvoorwaardelik. Dit is waar dat geskrewe woorde, sonder emosie of met verskillende emosies, gelees of geskryf kan word. Ek is ook maar iemand met ‘n sarkastiese streep in my en reageer soms onnodig bitsig. Jammer daaroor. Groetnis.

Hanna ·

Veertien mense, een bakkie? Liewe hemel die voertuig was dood eenvoudig heeltemal oorlaai. En dit was die oorsaak v daai ongeluk. Not exactly rocket science…

dovaz ·

Veertien mense op bakkie? Klink soos in indie. Daar is mos onlanks a wet uit wat jou verbied om mense agter op a oop bakkie te karwei?

Veritas ·

Dovaz, die wet verbied nie die vervoer van mense op ‘n oop bakkie nie. Ek praat onder korreksie maar ek dink die maksimum persone wat in die laaibak gelaai mag word, is vyf. Hulle sitplek mag ook nie minder as 350mm onder die rand van die laaibak wees nie. Selfs kinders mag agterop ry.

Meatloaf ·

Verstaan so dovaz, maar wette word mos gemaak om te breek, of hoe.

Dewald ·

Ons land het fantastiese wette maar ons land het nie genoeg mannekrag om seker te kan maak die wette word gehoorsaam nie.

Swartkat ·

Verkeersbeamptes konsentreer net op voertuie wat deur witmense bestuur word in wit areas van die dorpe want dit is waar hulle maklike geld maak met boetes. Belangriker om te kyk of ‘n blanke oom heeltemal stop by ‘n stopstraat of te lank op ‘n parkeerplek staan as om voertuie wat onpadwaardig is te skryf in die swart woonbuurt want daar kry hulle ( verkeersbeamptes) moeilikheid en mag dalk net met klippe gegooi word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.