Vyf sterf in Boksburg-ongeluk

Argieffoto

Argieffoto

Vyf mense is Sondagaand dood in ʼn ongeluk in Boksburg aan die Oos-Rand.

William Ntladi, woordvoerder van die Ekurhuleni-nooddienste, het gesê twee motors het mekaar in Commissionerweg reg van voor getref. Drie mans en twee vroue is in die botsing oorlede.

Volgens Ntladi is ʼn vrou ernstig beseer en sy is na die Tambo-gedenkhospitaal geneem vir behandeling. Vier van die oorledenes moes met meganiese toerusting uit die wrakke verwyder word. Een van die oorledenes is uit die motor geslinger.

“’n Geregtelike doodsondersoek is deur verkeersbeamptes op die toneel geopen vir verdere ondersoek,” het hy bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.