Vyf mense, onder wie twee kinders, is dood en een beseer in ʼn ongeluk Maandagaand in Kempton Park aan die Oos-Rand.
Chitra Bodasing-Harduth, woordvoerder van ER24, het gesê die ongeluk het op die R24 plaasgevind toe die bestuurder van ʼn minibustaxi beheer oor die voertuig verloor en dit omgeslaan het.
“Die voertuig het erge skade opgedoen. Twee vroue, ʼn man en twee kinders was reeds dood toe paramedici van verskeie nooddienste by die toneel opgedaag het,” het sy gesê.
Een persoon het matige beserings opgedoen. Die pasiënt is op die toneel gestabiliseer en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.
Die oorsaak van die ongeluk is onbekend en word ondersoek.
Die oorsaak van die ongeluk is die taxi soos al die ander ongelukke.
Ons beweeg al mader aan die feesgety en daarmee saam bestuurders se ongedulk en laat vaar maar die veiligheidsmaatreëls.
Geduld en ontspanne is die wagwoorde. Dit is ook net moontlik mits jy ‘n wetige bestuurslisensie besit.
‘n “Botsing” impliseer twee voertuie was betrokke en het teen mekaar gebots. Die opskrif van hierdie berig is verwarrend.
Ek noem n voorbeeld!!!ń Botsing kan beteken een voertuig wat teen ń boom bots. Botsing is nie noodwendig twee voertuie wat bots nie!!
Dagsê Hennie
Dankie vir jou terugvoer. Ons vra om verskoning vir die oorsig, dit lees nou ‘..ongeluk aan Oos-Rand’.
Groetnis
Landi nms Maroela Media
As ek sien hoe die taxis die pad gebruik, hulle absolute minagting vir die wet en die toestand van party taxis is dit net eenvoudig ‘n wonderwerk dat daar nie daagliks honderde pendelaars op ons paaie sterf nie. Gaan ry bietjie die Molotopad. Dit is nogals vreesaanjaend!
Nie spietkops kom nie eers op daai pad nie.
Wel ek het vanoggend nie oor n kruising gery nie omdat daar nie n spasie vir my was nie en sou in die pad gewees het as die lig rooi geslaan het, en het dus gewag.. die taxi agter my het sy misnoe daaroor gewys deur n blok verder voor my rakelings in te swaai wat my van die pad af gedwing het, net om n punt te probeer maak.. skokkend se ek jou
Dis ‘n bestiering dat ek nie ‘n swaarvragmotor bestuurder as beroep gekies het nie.Daarvoor kan hul al hul voorvader geeste dank want ek sou my kans met al die roekelose taxi bestuurders op ons paaie deeglik benut het!