Vyf sterf in Gauteng-botsing

Argieffoto: ER24

Argieffoto: ER24

Vyf mense is dood toe twee voertuie Sondagoggend vroeg op die N14 in Gauteng gebots het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici het albei voertuie in die middel van die pad aangetref. Daar was vyf insittendes in een van die voertuie en een in die ander voertuig.

Toe paramedici die eerste voertuig ondersoek, het hulle die liggame van twee van die oorledenes steeds binne die voertuig gevind terwyl die derde persoon kritiek beseer was. “Die twee ander insittendes is uit die voertuig geslinger en het noodlottige beserings opgedoen,” het hy gesê.

Volgens Meiring het paramedici onmiddellik begin om die beseerde passasier te behandel, maar hy is op die toneel dood. Die bestuurder van die ander motor is in ʼn kritieke toestand na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas.

“Die oorsaak van die botsing is nog nie vasgestel nie, maar plaaslike owerhede was op die toneel om die ongeluk te ondersoek,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Peet Schabort ·

Volgens vanaand se nuus was dit ‘n trompop botsing. Daarom dat die sterftes so hoog is. Daar is ‘n groot skroef los.

Neptunus ·

Dis waar Peet. “Sondagoggend vroeg” lui die berig – sekerlik tussen middernag en sonop? Spoed en/of drank waarskynlik betrokke.

Hein ·

Doe oorspronklike berig het gelees N14 naby Delmas. waar presies was die ongeluk?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.