Vyf sterf in gru-botsing

Foto: Emer-G-Med

Foto: Emer-G-Med

Vyf mense is dood en talle beseer in ʼn gru-ongeluk in Randjesfontein, Midrand.

Volgens Emer-G-Med is hulle saam met paramedici van Netcare 911 omstreeks 16:20 Saterdagmiddag na die toneel op die R562 naby Celliersstraat ontbied, waar ʼn bakkie en ʼn motor gebots het.

Drie mans, ʼn vrou en ʼn vierjarige meisie, almal passasiers in die motor, is op die toneel dood verklaar. Die bestuurder was in die wrak vasgekeer en moes met meganiese toerusting verwyder word. Hy het ernstige beserings opgedoen en is in ʼn kritieke toestand na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir behandeling.

Foto: Emer-G-Med

Foto: Emer-G-Med

Die bakkie se bestuurder en insittendes het geringe tot matige beserings opgedoen. Die meeste van die 10 passasiers het agterop die bakkie gesit. Hulle is op die toneel behandel voordat hulle na nabygeleë hospitale geneem is vir verdere behandeling.

Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek, maar sover lyk dit asof die bestuurder van die motor beheer verloor en op die nat pad gegly het voordat dit in die aankomende verkeer beland het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Bertus ·

Mense kan nie bestuur en wat van dink…spoed, nat pad en oorlaai is n dodelike kombinasie… Hier is die gevolge…

Buitestander ·

Soos ons verneem het van bestuurskole ten toetsbeamptes wat saam span en bestuurslisensies tekoop aanbied is verbasend dat daar nie meer padongelukke plaasvind nie!

pieter ·

Eintlik moet daar n wet in gestel word wat verbied dat einige passasiers agter op n bakkie ry!!!
In V.S.A is dit verbode. As ek reg onthou is dit verbode n bakkie moet n canopy op hê.

bakoor ·

Die pad is net so erg soos die maloto pad. Almal wil eetste by hulle plekke wees en sit net voet in die hoek

Ordentlik ·

Bestuur net ordentlik en verantwoordelik en hierdie ongelukke sal NIE gebeur.

sarie van heerden ·

Daar is ‘n hoeka-oue wet teen passasiers wat agterop ‘n oop bakkie vervoer word. Geen sitplekke, geen sitplekgorderls, net die oop blou lug.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.