Vyf sterf in gru-botsing

‘n Foto van die toneel. Foto: Verskaf

Vyf mense is Sondagmiddag op die Van Reenenspas op die N3-snelweg in KwaZulu-Natal dood.

Annine Siddall, woordvoerder van ER24, het gesê dit volg ná ʼn botsing tussen ʼn BMW en ʼn Toyota Corolla.

“Die twee voertuie het mekaar omstreeks 16:15 reg van voor getref,” het sy gesê. Vyf mense wat in die Toyota was, is deur paramedici van ander nooddienste op die toneel dood verklaar.

Drie mense in die BMW, onder wie ʼn 11-jarige seun, is beseer.

“Die seun is in ʼn kritieke toestand op die agtersitplek aangetref. Twee ander insittendes het geringe beserings opgedoen.”

Die seun is op die toneel behandel en na die Laverna-hospitaal in Ladysmith geneem vir verdere mediese behandeling.

Die presiese omstandighede rakende die botsing word deur owerhede ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Andrea ·

Simpatie aan die families.
Troops, nou kan mens sien watter is die veiligste motor van die twee fabrikate.

Cherokee ·

Andrea, jou aanname is so verkeerd as kan wees want as jy na die foto kyk sal jy sien dat die Toyo dateer uit die jare toet en dit is ‘n relatief nuwer model BMW wat miskien twee maal die gewig van die klein Corolla het. As jy veiligheidsaspekte wil vergelyk moet jy diet doen met karre in dieselfde gewigsklas.

Marietjie ·

Oppas vir aannames maak. My kind is ook dood in so n kop aan kop botsing. Hy was die onskuldige party en sy kar het in die teenoorgestelde kant van die pad terug gewys in die rigting waarvan hy gekom het langs die kantlyn draad geeindig. Hy het n Opel Classic gery en die ander kar was n Golfie. Sy kar het min oorgekom en my kind moes uit die wrak uitgesny word.

Chris Ws ·

“Kyk mooi” ja is soos jy se mens weet nooit waar voertuie opeindig na ‘n botsing nie.Eending kan ek sien: die Corolla is oud.Hy lyk hy het ook meer skade as die BMW.Maar die voertuie is maar klein op die foto .Vir my lyk dit of die Corolla op pad boontoe was.

marianna ·

So terloops Andrea, wat beteken die woord “troops” vra maar net, het nog nooit met die woord kennis gemaak nie?

Andrea ·

@Marianna:
My nuwe foon se Engelse woordeboek werk oortyd aangesien ek nog nie al die Afrikaanse woorde wat ek gereeld gebruik, gestoor het nie. Soms vergeet ek om 100% seker te maak die woordeboek het nie sy die kop gevolg nie. Terloops, die Engelse woordeboek “troops” verwys na n groep soldate.

Kyk mooi ·

Nat pad? Wees versigtig vir gly veral na die eerste reëns wanneer paaie glad kan wees veral waar voertuie stadig beweeg met moontlike olie op die pad.

Seeg ·

Kan jy glo, 5 mense dood en julle praat oor karre en die Afr. woordelys. Julle het hulp nodig!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.