Volgens ER24 het ʼn bus en ʼn motor reg van voor gebots. Die motor is oopgeskeur weens die impak van die botsing. Die liggame van vyf vroue is in die motor gevind. Hulle is op die toneel dood verklaar.
ER24 het gesê minstens 50 mense het ligte beserings opgedoen. Die meeste is kinders wat onderweg was skool toe. Hulle is op die toneel behandel voordat diegene wat verdere mediese sorg benodig het, na nabygeleë hospitale geneem is vir verdere behandeling.
Die presiese oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie en word ondersoek.