Vyf sterf in gru-botsing

Die ongelukstoneel. Foto: ER24

Die ongelukstoneel. Foto: ER24

Vyf mense is dood en minstens 50 beseer in ʼn ongeluk Maandagoggend naby Carletonville in die weste van Gauteng.

Volgens ER24 het ʼn bus en ʼn motor reg van voor gebots. Die motor is oopgeskeur weens die impak van die botsing. Die liggame van vyf vroue is in die motor gevind. Hulle is op die toneel dood verklaar.

ER24 het gesê minstens 50 mense het ligte beserings opgedoen. Die meeste is kinders wat onderweg was skool toe. Hulle is op die toneel behandel voordat diegene wat verdere mediese sorg benodig het, na nabygeleë hospitale geneem is vir verdere behandeling.

Die presiese oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie en word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.