Vyf sterf in gru-ongeluk

Foto: Life 24-ambulansdienste/Facebook

Foto: Life 24-ambulansdienste/Facebook

Vyf mense is dood in ʼn gru-ongeluk op die R573 buite Marble Hall in Limpopo.

Volgens Life 24-ambulansdienste het ʼn rooi VW Polo Vivo onder ʼn vragmotor beland tussen Marble Hall en Siyabuswa.

Die bestuurder en vier passasiers in die motor is op die toneel dood verklaar. Die brandweer het glo ure lank gespook om die liggame van die oorledenes uit die wrak te verwyder. Die bestuurder van die vragmotor het geringe beserings opgedoen.

Kagiso Mootane, woordvoerder vir die departement van verkeer in Limpopo, het aan die Review Online gesê die motor het vanaf ʼn ander pad op die hoofpad ingery toe die ongeluk gebeur het.

Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

Foto: Life 24-ambulansdienste/Facebook

Foto: Life 24-ambulansdienste/Facebook

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

KLEIN ·

Weereens groot vragmotor betrokke. hulle gee nie `n duiwel om nie want hulle weet hulle kom niks oor in `n ongeluk met `n motor nie

My ·

Dis nie te sê dit is altyd die groot vragmotor se skuld nie!Die mense vat kanse en die lyk defnitief vir my soos die kar se skuld.Hoe in die lewe sien n kar nie die trok nie

KarooKlong ·

Klein-kleinmannetjie sindroom. Muise moet maar rondkyk vir olifante.
Bestuurders van klein voertuigies het mos ook verpligtinge op die pad.

Irene ·

Trok bestuurders moet in hegtenis geneem word gee nie om hoe hul bestuur nie want hul kry nie seer nie

Ek ·

Jammer Irene, maar ek moet van jou verskil, dit is nie altyd die vragmotorbestuurder se skuld nie. Motoriste neem 90% van die tyd nie die swaarvoertuig in ag nie. Swaarvoertuie kan nie so skielik stop soos motors nie. Probeer asseblief volgende keer eers vasstel wie werklik skuldig is voor julle klippe gooi.

Hennie ·

Gaan lees weer die berig. Die MOTOR het vanaf n ander pad in die hoofpad ingery. Dit wil se die trok was op sy roete. Julle is baie vinnig om te oordeel.

janneman ·

Mense, eerstens, lees die berig aandagtig en lees dan dat die motor van die kant van die hoofpad ingery gekom het. Tweedens, as jy die pad ken, sal jy weet daar is weinig stopstrate op daardie teerpad. Dan sal julle die ongelik beter kan ontleed en besef die trok, en sy bestuurder, en eienaar, waarvoor julle so maklik vinger wys, is waarskynlik heeltemaal onskuldig. Daardie trokke bring alles wat julle benodig tot by die naaste afsetpunt. Sonder hulle sal julle in Durban moet suiker gaan koop, en skaapvleis in die karoo ens ens. n Motor , afhangend3 van die spoed waarteen hy ry, kan stop in n baie kort afstand. Trokke se spoed word deesdae meestal elektronies beperk op 80km/h, juis om te probeer bydra tot minder lewensverlies in ongelukke, maar selfs teen 80km/h, met vol vrag, benodig daai trok meer as 60meter om tot stilstand te kom. So onthou volgende keer as jy agter n trok ry en ongeduldig is, hoekom hy so stadig ry, en as jy voor n trok wil stop, hoeveel spasie hy nodig het om te stop. DINK voor jy net kritiseer

Alien ·

Ek is ook nie mal oor die trokke op die pad nie maar ja, as jy die berig lees dan is dit obviously nie die trok drywer se skuld nie. Die berig gee ook nie ‘n tyd van die oggend (mis) of aand (sigbaarheid) nie. Ek kan maar net spekuleer dat die motor bestuurder nie die trok gesien het nie en dus onder hom beland het of gedink het hy gaan gou gou oorskiet en dit nie gemaak het nie?? Ek sien ook nie die deesdae verpligte helder bande langs die trok af nie? Mag dalk net nie sigbaar wees in die daglig nie?

Daantjiekat ·

Op daardie stuk pad draai karre graag maar net voor jou in, somer net so, sonder om te kyk of te dink. In hierdie geval is die trok dalk onskuldig, hang af of dit n stopstraat was en die trok moes stop.

JC ·

Die bestuurdet en 4 passasiets in n Polo. Mense,hoeveel persone is in die klein Polo kar?
My vetstand se vir my, 5 persone. Is dit wetting? 5 persone in n Polo? Ek vra maar net,want ek weet nie.

Tiger ·

Ek is beried om te se die trokdrywer is onskuldig in die geval as mens die berig noukeurig lees.My broer het tot onlangs toe nog trokke gery vir ander maatskappye.Lang trips van Jhb na Kappstad en terug en Durban toe en terug en hyn het BAIE vir ons vertel hoe roekeloos mense in karre om trokke met 30 ton vragte op is.’N Saar gelaaide trok stop nie sommer so dood as hy op sy spoed is nie.En hier het die motor van ‘n sypad af ingery gekom so hy het of hom nie aan die vragmotor in aantog gesteur nie(onwaarskynlik) of hy was aan die gesels en het nie opgelet nie.Dis die waarskynlikste.

Chris Ws ·

Dis baie duidelik as mens na die fotos kyk dat ‘n kar NIE opgewasse is teen ‘n vragmotor in ‘n botsing nie.Die skade aan die vragmotor is minimaal maar die motor is verwoes.Dit sal baie beteken indien Maroela Media die name van die insittendes van die motor hier kan plaas .Dankie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.