Vyf sterf in gru-ongeluk by De Doorns

Die wrak van die bakkie. (Foto: Bosbeer/Twitter)

Vyf mense is dood nadat ’n bakkie en ʼn vragmotor Saterdagoggend op die N1 naby De Doorns in die Wes-Kaap gebots het.

Jandré Bakker, woordvoerder van die provinsiale departement van vervoer en openbare werke, sê die bakkie het vermoedelik by Orchards voor die vragmotor ingedraai waarna die twee voertuie gebots het.

Die bestuurder van die vragmotor het ligte beserings in die botsing opgedoen terwyl die bestuurder van die bakkie ernstig beseer is.

“Vyf mense het in hierdie botsing gesterf.”

Die oorledenes was vermoedelik passassiers in die bakkie.

Volgens Bakker was die wrakke reeds teen vroegmiddag van die pad verwyder hoewel ’n stop-en-ry-stelsel in plek gestel is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

RS ·

Ek kry die lorrie drywer so jammer wat nou gekruisig gaan word. Dis nie sy skuld nie.

Cecilia ·

Hoe draai jy voor n reuse vragmotor in. . Duidelik kort hy n bril. hoe het hy sy lisensie gekry? Jy moet klein blokkies tydens jou oogtoets raaksien. Maar hy mis n vragmotor. Slaan my dronk.
Klae d bestuurder v d bakkie vir moord aan ( nie mansslag nie).

Persheks Adri ·

Net ‘n vraag: waar kom die 5 mense vandaan wat oorlede is? Skuus maar die artikel sê nie waar hulle vandaan kom nie en ek oor en oor gelees

Casper ·

Cecilia daar was geen opset om moord te pleeg nie.Gaan lees die definisie van moord.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.