Vyf sterf in gru-ongeluk in Krugersdorp

Die ongelukstoneel. Foto: @GTP_Traffstats/Twitter

Die ongelukstoneel. Foto: @GTP_Traffstats/Twitter

Vyf mense, waaronder drie kinders, is Saterdagaand dood in ʼn gru-ongeluk in Rant-en-Dal in Krugersdorp.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die ongeluk het omstreeks 18:50 in Robert Broomstraat plaasgevind. “Die bestuurder van die motor het glo beheer verloor, waarna die motor die pad verlaat en teen ʼn boom gebots het.”

Volgens Botha het die motor in twee geskeur weens die slag. “Twee volwassenes en twee kinders is op die toneel dood verklaar.” Botha het gesê ʼn vierjarige seun is kritiek beseer in die botsing. Hy is op die toneel behandel voordat hy met ʼn helikopter na ʼn hospitaal geneem is. Hy het egter tydens die vlug aan sy beserings beswyk.

Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Ana ·

Dit is tragies! Só jammer dat sulke dinge moet gebeur! Ons gebede is met die familie!

Steve ·

Motor in twee geskeur?
Weereens moes spoed n groot rol speel.

Cherokee ·

Ja, jy’s reg. En dit het in stedelike gebied gebeur… op ‘n Vrydagaand. Met sy gesin in die kar. Dit is so jammer dat sulke dinge gebeur.

JT ·

So jammer nie almal kan die beste en veiligste motors bekostig nie. Steve, ek is seker van die Chinese karre sal teen 40 middel deur skeer. 9 jaar 250 km per dag werk toe gery en ek dank GOD ek het nooit ‘n ongeluk gehad nie. Honderde “near misses”

Xa ·

Dis baie hartseer dat daar mense is wat so vinnig jaag dat die kar in twee skeur, al is daar ander mense in die kar – seker die bestuurder se eie geliefdes, en ander mense in die pad wat ook kon seerkry of sterf. Ek ken nie die omstandighede waarom die persoon so n spoed gery het nie maar kanse dat daar n verskoning hier oor is is klein dink ek.

Herman Bosman ·

Eerstens, my innige simpatie met die family van die gesin wie se lewens so vinnig kort geknip is.

Spoed het defnitief ‘n rol gespeel, want as die voertuig teen die spoedgrens gehou het, so die uitkoms soveel anders gewees het. Maar mense, wie van julle weet wat die rede was hoekom die man so vinnig gery het? Dalk was hy oppad met ‘n siek kind hospitaal toe, dalk was daar ‘n noodgeval iewers anders. Ons as mense is te vinnig om te oordeel en dis baie hartseer. Op die einde van die dag was dit die Here se wil.

Kyk bietjie na julself en julle bestuur gewoontes, hoeveel van julle stel daagliks jul eie lewens sowel as ander pad verbruikers se lewens in gevaar op die pad omdat julle nie STOP by stopstrate nie en ook tog die spoedgrens oorskry? Daar is ‘n gesegte van ‘n balk en ‘n splinter, pas dit eers toe voor julle wil oordeel en aanduidings maak. #asdieskoenpasdrahom

christine ·

Twee dele van tweekarre word na ongelukke gelas aan mekaar en gesluitverf DAAROM skeur dit weer in twee na n botsing

André Cronje ·

Stem volkome saam met Herman. Hier is te veel mense wat wil oordeel, maar maak hulle self op ń daaglikse basis skuldig aan verkeers oortredings.

tina ·

@Herman Bosman.Ek wil jou graag vriendelik en met Jesus se liefde daarop wys dat dood,siekte en ellende NIE van God is. Ek het nie nodig om God te verdedig maar Sy Woord spreek van lewe en Hy het geen behae in die dood nie.In Exodus 20(tien gebooie; Ephesians 6: 3 “so that it may go well with you
and that you may ;biblehub.com/ ephesians /6- 3.htm
Parallel Verses. New International Version “so
that it may go well with you and that you may
enjoy long life on the earth.”;Ps:91v16- ‘..long life..I WILL satisfy him…..ons bly in n gebroke wereld vanwee die sondeval..soos jy se,niemand sal weet die omstandighede was en kan mens nou net bid vir vertroosting wat die Here alleen kan gee,vir die geliefdes wat nou agter bly.

Herman Bosman ·

Die Here het sy planne met ons almal, jy het jou mening en ek myne. As dit nie hulle tyd was nie, sou die Here hulle beskerm het. Daar is lesse om te leer uit die gebeurtenis en redes daarvoor, en dit weereens sal ons nooit weet nie.

Ons almal is net tydelik op die aarde en hoe jy gaan is reeds bepaal.

Eileen ·

Stem absoluut saam jou. Mense blameer te vinnig God as daar dood betrokke is, waar dood soms self deur ons eie besluite gebeur, nie als wat op aarde gebeur is God se wil nie maar deur sonde en vrye veroorsaak word.

Xa ·

Nope ek jaag self nie en is verantwoordelik op die pad want dit is belangrik om te besef dis lekker om te jaag maar dan plaas jy ander se lewens en geluk op die spel en dit is nie aanvaarbaar in n ordelike samelewing wat waarde aan lewe koppel nie. Ek sien gereeld dood op die pad want ek ry baie, en ek haat mense wat ander se lewens in gevaar stel. Die foto wys op spoed, ons kan dit nie ignoreer nie. Dalk was die persoon an die jaag agv n werklike nood, dan is dit n ander saak, maar al wat ek wil se is dat ek omgee vir die land en ek voel diep seer elke keer as ek n noodlottige ongeluk sien, en uit ervaring kan ek se dat die oorgrote meerderheid ongelukke en dood wat ek gesien het toegeskryf kan word aan stupid arrogansie soos jaag. Harde woorde maar mens kan nie sag wees op padvarke nie (ek erken ek ver algemeen nou, dalk was die spesifieke ongeluk n uitsondering).

Roseline van Wyk ·

Stem saam met jou Tina. Yahweh laat nie slegte dinge in Sy kinders se lewe gebeur nie. Ons kan verseker wees dat Hy selfs die slegte tragedie sal omsit in iets goed.

christa vorstet ·

In die Bybel se God dat elke mens se tyd van geboorte en eindtyd vooraf bepaal is. As dit jou tyd is om te gaan sal jy gaan. Die manier hoe is nie God se straf nie…..dit is wereldgebeurtenisse……My seun het verkool in sy kar……is dit God se skuld? Nee…….

tina ·

Liewe Christa Vorstet. My innige medelye vir jou en elke een wat deur die dood of enige ander smart gaan wat ons almal een of ander tyd raak. Ek se, -gaan, juis omdat dit nie wegggaan maar met tyd kom genesing en pyn raak dowwer deur die genade van die Here wat elke dag nuut is. Jou seun was en sal altyd deel van jou lewe wees en jy was gekies deur die Here om sy ma te wees en daarom mag jy sy lewe (en elke ander bedroefde van hart) wat jy saam met hom gehad ‘celebrate’. Ek bid vir jou en ander, dat die vrede en genesing van die Here sal kom, in die plek van die kneusing in jul harte. Shalom.

neelsie ·

Ben,
God het vir ons meer as 7000 beloftes in Sy Woord nagelaat.
Aanvaar Jesus ,die Seun van God, as jou Verlosser en jy sal lewe.

Nana ·

Neelsie, ek stem saam met jou oordie beloftes wat God vir ons in Sy Woord gee, maar die “lewe” waarna jy verwys as ek dit reg verstaan beteken nie dat ons ewig op aarde sal lewe nie maar wel as ons Jesus as ons Verloser en Saligmaker aanvaar dan sal ons die ëwige lewe” in die Hemel ervaar.

ANDRE ·

Dit maak nou nie saak wie wat se nie , dit bly grusaam , hartseer en onnodig. Persoonlike besluite kan verreikende gevolgtrekkings he .

Nico ·

Dit is nie mooi om te sien nie.spoed het n rol gespeel dit is hoog tyd dat die minister hierdie privaat firmas met hulle spoedmasjiene verbied om enige iets met verkeerswerk te doen daar is glad nie spoed in krugersdorp in die aand nie verkeersbeamptes moet fisies uitgaan en as jy oortree dan moet dadelik opgetree word nou word daar net geld gemaak en bonusse betaal maar die probleem nie opgelos

rv ·

Herman Bosman, Tina, Dirk

Ons lewensdae is reeds in Jesus se Boek opgeteken, Hy het dit reeds bepaal toe Hy ons in ons moederskoot aanmekaar geweef het. Daar staan geskrywe. Ek is die Almagtige God, naas My is daar geen ander God nie. Ek maak siek, Ek maak gesond. Ek maak dood, Ek gee lewe.
Gaan google of gaan kyk http://www.Bybel .co.za Moenie eers probeer om te verstaan hoekom God dinge toelaat om te gebeur nie. Sy Gedagtes is nie ons gedagtes nie. Hy is in die Hemel en ons is op die aarde. Hulle almal het nou die ewige lewe in die Hiernamaals. Kyk in die Gees en nie in die vlees.

Ben Prinsloo ·

Jammer Neelsie. Volgens my is jy net 1 ding belowe. Noem asb vir my n paar van die 7000. Wat verstaan jy met die stelling van vir ewig lewe of ewige lewe. Ek weet van niemand wat nog vir ewig lewe nie, help my reg asseblief. Nico as dit jy is moet nie net my kommentaar verwyder nie asb, ek beledig niemand en gebruik ook geen kru taal nie, of mag slegs sekere persone debatteer en nie almal nie. Emanuel.

Loe ·

Ben, Neelsie praat van beloftes wat GOD in Sy Woord vir ons as sy kinders na gelaat het. Soos bv Jes 41:10 Wees nie bevrees nie, want EK is met jou. Jes 43:2 As jy deur die water gaab, is EK by jou; deur riviere dit sal jou nie oorstroom nie; as jy deur die vuur gaan, sal jy nie skroei nie, en die vlam sal jou nie brand. Dit is maar n paar van GOD se beloftes. As jy die boek openbaring lees, sal jy verstaan wat wag vir die mens. Daar is n tweede opstanding soos Johannes dit vertel in Op20:11 Die Laaste oordeel.

Groetnis
Jes 44:3EK sal my Gees op jou kroos giet en my seën op jou nakomelinge.

Ben Prinsloo ·

Loe ons praat verby mekaar. Hy het slegs 1 belofte gemaak die dag as die silwer draad verwyder word. Daar is n 2de dood ook. Die Almagtige is by ons almal op hierdie aarde of ons nou gelowig is of nie. Ek dink ons moet net nie in die war wees wat Hy bedoel as Hy praat nie, ek verwys nou ook oa na die doop. Ek lei af daar is n hele paar soos oa in die wolk, in die rots met vuur ens. As ek jou verder kan verduidelik dat almal het net 1 penning ontvang ongeag hoe laat hulle begin werk het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.