Vyf sterf in gru-ongeluk op N4

Die ongelukstoneel. Foto: @sebolawe2 op Twitter.

Die ongelukstoneel. Foto: @sebolawe2 op Twitter.

Vyf mense is dood en ‘n vrou is kritiek beseer nadat twee motors op die N4 naby Middelburg in Mpumalanga gebots en aan die brand geslaan het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê die vier insittendes in een van die motors en een persoon in die ander motor het doodgebrand.

Die vrou, glo in haar 40’s, is kritiek beseer en is deur ‘n bestuurder van ‘n insleepvoertuig uit een van die brandende motors gered.

Meiring sê die vrou is op die toneel behandel voor sy na die Middelburg-hospitaal geneem is vir dringende mediese sorg.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Paplepel ·

Oorsaak: Spoed, Drank, Selfoon, Geen rybewys,
kies een. Jy is waarskynlik reg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.