Vyf sterf in gru-ongeluk op R44

Foto: ER24

Foto: ER24

Vyf mense, insluitend ‘n baba, is Saterdagaand dood in ‘n botsing reg van voor op die R44 in Stellenbosch in die Wes-Kaap.

Luyanda Majija, woordvoerder van ER24, sê die twee motors het na die botsing aan die brand geslaan . Sy sê met paramedici se aankoms op die toneel was brandbestryders besig om die vlamme te blus.

Majija sê daar was drie volwassenes en ‘n baba in die een motor en een volwassene in die ander motor. Sy al die oorledenes is onherkenbaar verkool in die motors.

Die pad was lank vir verkeer gesluit. Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.