Vyf sterf in Kuruman-botsing

Argieffoto Foto: @gavine2009, Twitter

Argieffoto Foto: @gavine2009, Twitter

Vyf mans is Dinsdag dood nadat hulle motor onder ʼn vragmotor beland het op die N14 naby Kuruman in die Noord-Kaap.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê vier mans is op die toneel dood verklaar. Die beseerde man en die vier liggame moes met meganiese toerusting uit die wrak verwyder word.

“Die vyfde insittende was in ʼn kritieke toestand en is met sy aankoms by die Kuruman-hospitaal dood verklaar,” het Meiring gesê.

Die bestuurder van die vragmotor was nie op die toneel nie. Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.