Vyf sterf in KZN-botsing

Argieffoto

Vyf mense is dood en drie beseer toe ʼn motor en ʼn 4×4-voertuig Maandagaand reg van voor in Bergville, KwaZulu-Natal, gebots het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is teen 18:30 na die toneel op die R616 ontbied. “Die wrakke van die twee voertuie het aan teenoorgestelde kante van die pad gestaan. Verskeie liggame het rondom die wrak van die motor gelê,” het Meiring gesê.

Paramedici het drie mans en twee vroue wat langs die motor gelê het ondersoek en gevind dat al vyf mense reeds aan hul veelvuldige beserings beswyk het. Hulle is op die toneel dood verklaar.

Drie insittendes in die ander voertuig het geringe tot matige beserings opgedoen. Hulle is op die toneel behandel voordat hulle na die Ladysmith- provinsiale hospitaal geneem.

Die oorsaak van die ongeluk word deur die polisie ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Bets Bothma ·

Dit voel of die duiwel los is op SA paaie en plase! Daar gaan nie n dag om wat daar nie n massiewe ongeluk op paaie is nie, gewoonlik met baie mense dood en plaasaanvalle raak al hoe meer en al hoe meer geweldadig en wreed. Wat gaan aan!

Lea ·

Mens voel of jy net nie meer enige slegte nuus kan inneem nie. VADER VAN GENADE, HELP ONS! DIE satan SE AANSLAE NEEM TOE BY DIE DAG….?

marous ·

Dit sal nie ophou nie , want daar is geen wetsoepassing nie. As daar vandag daadwerklik opgetree word en mense gearresteer word vir roekelose bestuur, sit die helfte van die bevolking vanaand in die tronk.

alida ·

Die vervalste rybewyse word dan aan elke jan rap en sy maat verkoop. Wat verwag julle.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.