Vyf sterf in KZN-huisbrand

Argieffoto

Vyf mense is Donderdag in die vroeë oggendure in ʼn huisbrand dood.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici het net ná 03:00 by die huis in Larchweg in Willowton in Pietermaritzburg opgedaag.

Die brandweer kon daarin slaag om die vlamme wat die huis verswelg het te blus.

“Hulle het vyf mense in die huis aangetref en hulle na buite gebring. Drie volwassenes en twee mense wat vermoedelik kinders is, is met noodlottige beserings aangetref,” het Vermaak gesê.

Al vyf is op die toneel dood verklaar. Die presiese omstandighede rondom die voorval is nog nie bekend nie.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.