Vyf sterf in KZN-ongeluk

Foto: Netcare 911

Vyf persone is Sondagmiddag dood en vier beseer tydens ʼn ongeluk op die N3 in Westville, KwaZulu-Natal.

Nick Dollman, woordvoerder van Netcare 911, het verduidelik die ongeluk het omstreeks 14:15 plaasgevind. “Volgens berigte op die toneel het die sportnutsvoertuig op die N3 in die rigting van Durban gery, toe dit skielik die pad verlaat en teen die skuinste afgerol het. Dit het in Conwayweg, onder die snelweg, tot stilstand gekom.”

Volgens Dollman was dit die enigste voertuig wat in die ongeluk voorval was.

“Vyf persone het in die ongeluk gesterf, drie mans en twee vroue. Vier persone het beserings opgedoen en is op die toneel gestabiliseer voor hulle na verskeie hospitale geneem is,” het hy bygevoeg.

Reddingspersoneel moes van meganiese toerusting gebruik maak om van die slagoffers in die wrak te bevry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Wonder maar net ·

?maw 9 mense in die voertuig.
Of ek lees die berig verkeerd…..?

CE ·

Wonder maar net jy lees reg voertuig ontwerp vir vyf persone maw oorlaai met ongeveer 350 kg ???

T ·

Tragies en so onverantwoordelik. Hoeveel sitplek gordels het n voertuig?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.