Vyf sterf in KZN-ongeluk

Argieffoto

Argieffoto

Vyf mense is Vrydagoggend dood en 12 mense is ernstig beseer in ʼn ongeluk naby Greytown in KwaZulu-Natal.

Robert Mckenzie, woordvoerder van die provinsiale nooddienste, sê ʼn minibustaxi was in ʼn ongeluk betrokke op ʼn pad tussen Muden en Weenen naby Greytown.

Hy sê die beseerdes is op die toneel behandel voor hulle na die Greytown-hospitaal vervoer is vir verdere behandeling. “Die omstandighede wat tot die ongeluk gelei het, is in die stadium nog nie duidelik nie en word deur die polisie ondersoek.”

Mckenzie sê die taxi het glo van Johannesburg na Nkandla gereis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Peter Says ·

Soos gewoonlik, weer n minibus taxi, die goed is slagters op ons paaie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.