Vyf sterf in KZN-ongelukke

Argieffoto

Argieffoto

Vyf mense is die naweek in padongelukke in KwaZulu-Natal dood.

Robert McKenzie, woordvoerder van die provinsiale nooddienste, het gesê een persoon is Sondagoggend dood en drie mense beseer nadat hulle motor gerol en aan die brand geslaan het in Estcourt.

Volgens McKenzie is twee mense Saterdag dood in ʼn ongeluk op die R56 in die Harry Gwala-distrik. Twee mense is ook dood in ʼn ongeluk op die N2 in Durban. Vier mense is in dié ongeluk beseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.