Vyf sterf in Maleoskop-ongeluk

Vyf mense het in die ongeluk gesterf. (Foto: Dept. van vervoer, Limpopo)

Vyf mense is dood in ʼn kop-teen-kop-botsing tussen twee bakkies in die Sekhukhune-distrik in Limpopo.

Mike Maringa, woordvoerder van die departement van vervoer in Limpopo, sê die ongeluk het Saterdagaand tussen twee bakkies op die Maleoskop-pad naby die Blue Ridge-myn gebeur.

Maringa sê die bestuurder van die Ford-bakkie het glo beheer om ʼn skerp draai verloor en reg van voor teen ʼn Isuzu-bakkie gebots.

“Albei bestuurders en drie passasiers is tydens die botsing dood. Vier van die oorledenes was in die Isuzu-bakkie, terwyl die bestuurder van die Ford alleen in die voertuig was.

Die slagoffers is in ‘n kop-teen-kop-botsing dood. (Foto: Dept. van vervoer, Limpopo)

“Die voorlopige ondersoek dui daarop dat bestuurdermoegheid moontlik tot die ongeluk aanleiding gegee het,” sê Maringa.

Mavhungu Lerule-Ramakhanya, LUR vir vervoer en gemeenskapsveiligheid in die provinsie, het sy medelye met die familie van die slagoffers betuig.

Lerule-Ramakhanya het ook haar kommer uitgespreek oor die voortgesette verlies aan lewens op die provinsie se paaie, “veral oor naweke weens roekelose bestuur en spoed”.

Sy het ʼn beroep op motoriste gedoen om stadiger te ry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Dries ·

Verkeerde plek op n verkeerde tyd. Simpatie met die families.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.