Vyf sterf in Mpuma-botsings

Kriel-ongeluk (Foto verskaf deur ER24)

Drie kinders is Sondagaand dood en drie volwassenes beseer tydens ʼn trompop botsing op die R580 buite Kriel, Mpumalanga.

“ER24 en ander dienste was omstreeks 21:10 op die toneel. ʼn Ligte motor het langs die pad gestaan en ʼn taxi het in die middel van die pad gestaan,” sê Russel Meiring, woordvoerder van ER24.

Twee meisies en ʼn seun, vermoedelik tussen vier en 16 jaar oud, het naby aan die motor gelê. “Die kinders het ongelukkig reeds aan hul beserings beswyk. Niks kon vir hulle gedoen word nie en hulle is dood verklaar.”

ʼn Vrou en ʼn man in die motor het ernstige tot matige beserings opgedoen. ʼn Vroulike passasier in die taxi het ook matige beserings opgedoen.

Paramedici het die pasiënte behandel en hulle na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere ondersoek. Plaaslike owerhede stel ondersoek in.

Kinross-ongeluk (Foto verskaf deur ER24)

In ʼn afsonderlike voorval is twee mans ook Sondagaand op die N17 buite Kinross in die rigting van Leandra in Mpumalanga dood tydens ʼn botsing tussen ʼn motor en ʼn taxi. Een vrou is in dié ongeluk beseer.

“ER24 en ander dienste het omstreeks 19:42 by die toneel opgedaag,” het Meiring bygevoeg. ʼn Taxi het op sy sy langs die pad gelê. Die motor het in die linkerbaan van die pad gestaan.

“ʼn Man het in die taxi gelê en ʼn ander man het ʼn paar meter weg van die motor gelê. Albei mans het noodlottige beserings opgedoen. Hulle is op die toneel dood verklaar.”

ʼn Vrou, in haar 30’s, ʼn passasier in die motor, het verskeie matige beserings opgedoen. Sy is na ʼn hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Plaaslike owerhede stel ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

007 ·

Alweer ‘n Taxi. Hulle kos meer mense hul lewens as die oorlog in Yemen

Anel ·

Alweer taxis! In albei die gevalle! Vir my is dit die grootste pandemie!!!

Waarnemer ·

Bring die trein stelsel terug en verban swaar motorvoertuie en taxis op ons land se paaie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.