Vyf sterf in N3-ongeluk

Die ongelukstoneel op die N3 naby Hammarsdale in KwaZulu-Natal. (Foto: Rescue Care)

Vyf mense, onder wie twee kinders, is dood en nog sewe mense beseer – verskeie van hulle baie ernstig – in ʼn ongeluk op die N3-Noord naby Hammarsdale by Durban.

Die ongeluk het Sondag omstreeks 11:30 plaasgevind, het Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care, gesê. Volgens hom het ʼn chaotiese toneel paramedici begroet. ʼn Enkele bakkie, met 12 insittendes, was betrokke in die botsing. Volgens Jamieson het pasiënte op dié besige hoofweg gelê en verskeie bykomende nooddienswerkers is ontbied.

“Vyf passasiers, ook twee kinders, is só ernstig beseer dat hulle nie die ongeluk, ten spyte van paramedici se beste pogings om hulle te red, oorleef het nie. Nog sewe insittendes het beserings opgedoen wat wissel van gering tot baie ernstig. Hulle is op die toneel gestabiliseer voordat hul na verskeie Durbanse hospitale geneem is.”

Verkeer was hewig ontwrig en het ure lank opgehoop. In ʼn stadium was slegs ʼn enkele baan oop.

Die oorsaak van die ongeluk is in dié stadium nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Muffin ·

n Enkele bakkie met 12 insittendes. Wat my aan betref moet die bestuurder aangekla word vir strafbare manslag.

Blindemol ·

As ek sien hoe mense roekeloos verbysteek, kom die vraag altyd by my op: Is daar nie waarheid in die stelling dat sommige bestuurders gebrekkige diepte en afstand persepsie probleme het nie? Moet ons nie ook daarvoor toets nie?

Staan saam ·

Blindemol, dit sal beslis gebeur dat hy aangekla gaan word.

chrisjan ·

Die bakkie lyk soos ‘n Nissan NP200.Indien dit wel die geval is,was hy oorlaai na my beskeie mening.Nog iets wat AARTO nie gaan keer nie!

Blindemol ·

Muffin. Ek was net versigtig en het polities korrek geskryf! Behalwe dat ek oud en half blind is, is ek ook maar ‘n lafaard :)

Tiger ·

Oorlading speel hier in ‘n groot rol.daai klein NP200 bakkies is nie gemaak om 12 mense veilig te vervoer nie.

Staan saam ·

Blindemol, dit sal beslis gebeur dat hy aangekla gaan word.

Swannie ·

`n Enkele bakkie was betrokke in die botsing.

Teen wie of wat het die bakkie dan gebots as dit nie teen n ander voertuig was nie ??

Of as die bakkie gerol het word dit beskou as `n ongeluk en nie `n botsing nie.

Mariet ·

Jammer maar as ek sien hoe daar geen respek vir enige padreel is nie, is ek nie verbaas nie. Sperstrepe het geen betekenis nie. Ik hebt gezecht

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.